BSc in Menslike Lewenswetenskappe
Hierdie BSc-graadprogram vorm die basis van jou opleiding in 'n rigting met fisiologie as fokus en die klem op liggaamsfunksionering op verskillende vlakke. Die program bied twee strome waaruit jy een kies:
Biologie
Biologie met Sielkunde
Stroom: Biologie
Fisiologie in kombinasie met Biochemie en Genetika, waar jy leer van fisiologiese sisteme en organe tot op molekulêre vlak, vorm die breë vakkundige basis van hierdie stroom. Jy ontwikkel eksperimentele en gerigte wetenskaplike vaardighede wat lei tot loopbaanmoontlikhede in eksperimentele en toegepaste fisiologiese dienste binne die privaat en openbare sektore of akademiese omgewing. Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Fisiologiese Wetenskappe en, met die volg van toepaslike keusemodules, ook tot honneursprogramme in Biochemie, in Genetika of in Anatomie.
Stroom: Biologie met Sielkunde
In hierdie stroom, wat gebaseer is op Fisiologie in kombinasie met Sielkunde, bestudeer jy die interaksie tussen die mens se psigiese en fisiologiese prosesse. Jy leer ook vaardighede aan in laboratorium- en eksperimentele tegnieke, toetsing van fisiologiese parameters en evaluering van sielkundige funksionering. Die opleiding bied loopbaanmoontlikhede in die privaat of openbare sektore, of akademiese omgewing. Hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Sielkunde.
Indien jy as hoërskoolonderwyser wil kwalifiseer nadat jy 'n BSc-graad verwerf het, kan jy die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) in die Fakulteit Opvoedkunde volg. Maak egter seker dat jy jou graadprogram se vakke so kies dat jy twee skoolvakke kan aanbied. Afhangende van jou voorgraadse vakkombinasie, sou jy die volgende skoolvakke kon aanbied: Lewenswetenskappe, Natuurwetenskappe, Wiskundige Geletterdheid en Lewensoriëntering.
Kontakbesonderhede
Programoorsig
Meer inligting
Loopbaangeleenthede
stamselnavorser, laboratorium-analis, mediese verteenwoordiger,
biomediese wetenskaplike, oefeningfisioloog, voedingskundige,
kliniese navorser, biochemikus, menslike genetikus, forensiese
of kliniese sielkundige (met die nodige nagraadse kwalifikasie),
Lewenswetenskappe-onderwyser (ná voltooiing van Nagraadse
Onderwyssertifikaat), antropometris, biotegnoloog: werk
met menslike selle, ontwikkeling van nuwe geneesmiddels,
wetenskapjoernalis (met die nodige nagraadse kwalifikasie).
Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB
(Lewensoriëntering uitgesluit)
- Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
- Fisiese Wetenskappe 50%
- Wiskunde 60% of 70%
As jy Wiskunde en Fisika as eerstejaarsvakke neem:
Wiskunde 70%
As jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as eerstejaarsvakke neem: Wiskunde 60%
Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula
IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry) Mathematics 60% or 70% Physical Sciences (Physics AND Chemistry) 50% English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans or English First Additional Language 50% Applicants are also subjected to selection according to selection criteria
German Abitur
University Exemption with 65% average
English 5 (Nam 9)
Maths 8 (Nam 10)
Physics AND Chemistry 5 (Nam 7)
International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)
University Exemption with 65% average
English 4 on HL or 5 on SL
Maths 4 on HL or 5 on SL
Physics AND Chemistry 4 on HL or 5 on SL
Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, C on AS-Level or B on GCSE/O-Level
Maths C on AS-Level
Physics AND Chemistry a C on AS-Level
Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second language, E on A-Level, or B on GCSE/O-Level
Maths E on A-Level
Physics AND Chemistry an E on A-Level
Programstruktuur
Voltyds