BSc in GeoInformatika
Toegepaste wetenskaplike beroepe soos omgewingskonsultante, beroepe in die mynbousektor en ingenieursfirmas gebruik toenemend geografiese inligtingstegnologie om ruimtelike inligting digitaal vas te lê, te manipuleer, te ontleed, te modelleer en kartografies voor te stel.
Hierdie program is gerig op die teoretiese, metodologiese en praktiese aspekte van geoinformatika. Die tweede en derde jaar fokus op die vakke Geografiese Inligtingstegnologie en Rekenaarwetenskap of Sosio-Informatika en word aangevul met gepaste keusemodules. Só verwerf jy die kennis van en insig in die wetenskaplike grondslae van geoinformatika in terme van ruimtelike inligting, rekenaarvaardighede, geografiese inligtingstegnologie en karteringsvaardighede. Met hierdie vaardighede sal jy kan help om geografiese inligtingstelsels (GIS), aardwaarneming (afstandwaarneming) en globaleposisioneringstelsels (GPS) effektief in die onderskeie professionele rigtings en vakgebiede te ontwikkel en toe te pas.
As GIS-spesialis en inligtingkundige kan jy 'n loopbaan op die volgende terreine of by die volgende instansies volg: omgewingskonsultante; beplannings- en ingenieursfirmas; programmatuurontwikkeling- en rekenaarkonsultasiefirmas; alle vlakke van die regering gemoeid met hulpbron- en infrastruktuurbestuur; agentskappe betrokke by natuurlikehulpbronontwikkeling en by menslike-ontwikkelingsprogramme; eksplorasie van minerale en mynwese; bemarking; nutsmaatskappye en diensverskaffers. Jy kan ook by tersiêre opleidingsinstansies as dosent en/of navorser werk.
Kontakbesonderhede
Programoorsig
Meer inligting
Loopbaangeleenthede
inligtingsbeampte, georuimtelike inligtingsintegreerder,
afstandswaarnemingspesialis, meteoroloog, geografiese
inligtingstelsels- (GIS-)tegnikus, vervoerbeplanning, kartografie,
kaartontwerper, georuimtelike sagteware-ingenieur,
klimatoloog, aardwaarnemingsanalis, aardwaarnemingspesialis
(afstandswaarneming) by omgewingskonsultasiegroepe,
beplanning- en ingenieursfirmas, programontwikkeling- en
rekenaarkonsultasiegroepe op alle vlakke van regering gemoeid
met hulpbron- en infrastruktuurbestuur, agentskappe gemoeid
met natuurlike- en menslikehulpbronontwikkelingsprogramme,
mineraaleksplorasie en -ontginning.
Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB
(Lewensoriëntering uitgesluit)
- Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
- Fisiese Wetenskappe 50%
- Wiskunde 60%; OF
70% (indien jy Rekenaarwetenskap as ’n universiteitsvak kies)
Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula
IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry) Mathematics 60% or 70% (if you choose Computer Science as university subject) Physical Sciences (Physics AND Chemistry) 50% English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans or English First Additional Language 50% Applicants are also subjected to selection according to selection criteria
German Abitur
University Exemption with 65% average
English 5 (Nam 7)
Maths 8 (Nam 10)
Physics AND Chemistry 5 (Nam 7
International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)
University Exemption with 65% average
English 4 on HL or 5 on SL
Maths 4 on HL or 5 on SL
Physics AND Chemistry 4 on HL or 5 on SL
Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, C on AS-Level or B on GCSE/O-Level
Maths B on AS-Level
Physics AND Chemistry a C on AS-Level
Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, E on A-Level, or B on GCSE/O-Level
Maths D on A-Level
Physics AND Chemistry an E on A-Level
Programstruktuur
Voltyds