Skip to main content

BEd (Intermediêrefaseonderrig)

Baccalaureusgraad
ID:
0636_100_O100

Hierdie vierjarige BEd-program lei jou op om onderwys aan leerders in die Intermediêre Fase te gee in twee intermediêre skoolvakke en twee tale. Die program dek die teorie en praktyk van al die leerprogramme van graad 4 tot 7.

Jy kan spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedingsbeleid deur op te volg met 'n HonsBEd en 'n MEd-program in een van die onderskeie rigtings. Of, met verdere nagraadse opleiding kan jy 'n leerondersteuningsonderwyser (HonsBEd en MEd in Opvoedkundige Ondersteuning) of 'n opvoedkundige sielkundige (MEd (Psig) in Opvoedkundige Sielkunde) word. Jy kan selfs spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedkundige beleid.

Kontakbesonderhede
Elbie Els
Recruitment Coordinator
Eune Louwrens
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Vier jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Laerskoolonderwyser vir graad 4 tot 7 met die bevoegdheid om twee intermediêre skoolvakke en twee tale te onderrig.
Beroepe:
Onderwyser

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- ’n Gemiddelde prestasie van ten minste 60% in die NSS, die IEB-sertifikaat of ’n gelykstaande skoolverlatersertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Wiskunde 40% OF Wiskundige Geletterdheid 60%
EN
Leerders wat in Engels skoolgegaan het:
- Engels Huistaal 60%
- Afrikaans OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
OF
Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het:
- Afrikaans Huistaal 60%
- Engels OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
OF
Leerders wat in isiXhosa skoolgegaan het:
- IsiXhosa Huistaal 60%
- Engels OF Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

BEd (Intermediêrefase-onderwys): Verdere vereistes hang af van die skoolvakke wat jy wil onderrig.

Wiskunde (Ond) is verpligtend (in die eerste jaar), en jy kan twee bykomende onderrigvakke uit die volgende onderrigmodules kies (let op die bykomende toelatingsvereistes vir sommige onderrigmodules):
- Wiskunde (slaag met gemiddelde van 60% in die eerste jaar)
- Lewensvaardighede
- Natuurwetenskappe (Ond)
• Lewenswetenskappe of Fisiese Wetenskappe 50%
- Sosiale Wetenskappe (Ond)
• Geskiedenis of Geografie 50%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 60% (excluding Active Citizenry) Mathematics 40% OR Mathematical Literacy 60% AND Learners who were taught in English English Home Language 60% Afrikaans OR isiXhosa Home Language or First Additional Language 50% OR Learbers who were taught in Afrikaans: Afrikaans Home Language 60% English OR isiXhosa (Home Language or First Additional Language) 50%

German Abitur

University Exemption with 60% average
Maths 4 (nam 6)
English or Afrikaans First Language 6 (nam 8) AND a Second Language (English/Afrikaans/ isiXhosa) 4 (Nam 6)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 60% average
Maths 5 on SL OR Maths 4 on HL
English or Afrikaans First Language 4 on SL AND a Second Language (English/Afrikaans/ isiXhosa) 5 on SL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
60% average
Maths D on AS-Level or C on GCSE/O-Level
English or Afrikaans First Language C on AS-Level AND a Second Language (English/Afrikaans/isiXhosa) D on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
60% average
Maths E on A-Level or C on GCSE/O-Level
English or Afrikaans first
language D on A-Level AND
a Second Language (English/ Afrikaans/isiXhosa) E on
A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026

Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026