Skip to main content

BA in Ontwikkeling en Omgewing

Baccalaureusgraad
ID:
0100_136_L100

Die driejarige BA-program in Ontwikkeling en Omgewing leer jou hoe gemeenskappe werk, die prosesse van ontwikkeling en die natuurlike omgewing. Dit lei jou tot begrip van die wisselwerking tussen gemeenskappe, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprosesse en die natuurlike omgewing, en die gevolge daarvan.

Die program kweek basiese en bestuursvaardighede vir ondernemers en ook vir beroepe soos bestuurders, beplanners en administrateurs in die openbare en privaat sektors en in nasionale en plaaslike owerhede. Loopbane is moontlik in beroepsvelde soos gemeenskapsontwikkeling, bevolkingsontwikkeling, stads- en streekbeplanning, toerismebeplanning en -bestuur, hulpbronbeplanning en -bestuur en omgewingsbeplanning en -bestuur.

Kontakbesonderhede
Cheryl Richardson
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Loopbaanmoontlikhede in gemeenskapsontwikkeling, bevolkingsontwikkeling, stad- en streeksbeplanning, toerisme, hulpbronbeplanning en -bestuur, en omgewingsbeplanning en -bestuur in die openbare en privaat sektor.
Beroepe:
Beplanner
Bestuurder
Konsultant

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- ’n Gemiddelde prestasie van ten minste 63% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Huistaal 50%
- Eerste Addisionele Taal 40%

Indien jy Ekonomie as ’n universiteitsvak neem, ook:
- Wiskunde 60%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry)
- Home Language 50%
- First Additional Language 40% If you take Economics as a university subject, then also Mathematics 60%

German Abitur

University Exemption with 65% average
Language requirements will be satisfied by
meeting the exemption requirements
If Economics is taken as university subject,
Maths 6 (Nam 8)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 65% average
Language requirements will be satisfied by
meeting the exemption requirements
If Economics is taken as university subject, Maths 4 on HL or 5 on SL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Language requirements will be satisfied by meeting the exemption requirements
If Economics is taken as university subject, Maths C on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Language requirements will be satisfied by meeting the exemption requirements
If Economics is taken as university subject, Maths E on A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026

Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026