Skip to main content

AgriWetenskappe

Plant-Pathology

Algemene inligting

Voedsel is 'n fundamentele mensereg, en tog ly miljoene mense regoor die wêreld elke dag honger. Om voedselsekuriteit te bewerkstellig – dus die veilige, siektevrye en voedsame verskaffing van voedsel vir 'n steeds groeiende bevolking – word al hoe belangriker.

Die Departement Plantpatologie is op die voorpunt van navorsing ten einde die impak van patogene (aansteeklike siektes) op gewasse te verminder, en om die weerstand van gewasse te verhoog om momentum aan voedselproduksie te bied. Die Departement het 'n holistiese en interdissiplinêre benadering tot navorsing en opleiding, en maak van die nuutste tegnologieë gebruik om die impak van patogene op plante te verminder, en weerstand in plante te verhoog. Konvensionele en molekulêre tegnieke word gebruik om plantpatogene wat 'n gevaar vir plaaslike en uitvoermarkte inhou, op volhoubare en ekonomiese wyse te beheer. Studente word in die waarneming, karakterisering en epidemiologie van plantpatogene opgelei, asook in die gebruik van geïntegreerde siektebeheerstrategieë om hierdie patogene te beheer.

Inligtingsessie

Watch Faculty of AgriSciences: Plant Pathology 2025 on YouTube.

Video's

Watch Plant Pathology: Department on YouTube.

Gereelde vrae

Plant-Pathology-3

Jy benodig ‘n 60% gemiddeld vir die NSS, 50% vir Engels of Afrikaans, 60% vir Wiskunde en 50% vir Fisiese Wetenskappe. Let asseblief daarop dat daar net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar is, en deur te voldoen aan die vereistes, waarborg ongelukkig nie ‘n plek in die program nie.

Vier jaar.

Jy doen aansoek vir die BScAgric Plant en Grondwetenskappe program. Jy het ‘n keuse tussen Gewasproduksie en Gewasbeskerming- en Teling. Die eerste studiejaar het dieselfde modules (vakke). Eers in jou derde en vierde jaar, kies jy Plantpatologie as jou hoofvak.

Jy moet Fisiese Wetenskappe hê.

Nee, ongelukkig benodig jy suiwer Wiskunde. Met Wiskundige Geltterdheid kan jy egter oorweeg om die programme aan die Landboukollege Elsenburg, wat net buite Stellenbosch geleë is, te volg.

Ja, na jou BScAgric graad met Plantpatologie as een van jou hoofvakke, kan jy voortgaan met ‘n MSc in Plantpatologie, en daarna ‘n PhD. Studente van die Fakulteit Natuurwetenskappe, met ‘n 3-jaar graad in Botanie, Genetika, Mikrobiologie of Biotegnologie, en ‘n minimum gemiddeld van 60% in hulle hoofvak, kan voortgaan met ‘n honneursgraad in Plantpatologie.

Ja, elke Plantpatologie-module bestaan uit een praktiese sessie per week, wat hoofsaaklik laboratoriumwerk behels. In jou vierde jaar doen jy ‘n projek wat veldwerk behels (afhangende van die soort projek wat jy kies). Jy gaan ook op veld-uitstappies vir sommige van die praktika in jou vierde jaar.

Jy kan ‘n loopbaan volg as navorser, akademikus, konsultant, tegnikus en planteteler, asook ‘n loopbaan by landbou-instansies, landbou chemiese maatskappye of diagnostiese klinieke.

Die wonderlike van Plantpatologie is dat dit die waarneming van die mikro-wêreld en die makro-wêreld kombineer. Jy kan in die veld uitgaan en landbougewasse ondersoek, en terugkeer laboratorium toe en onder ‘n mikroskoop kyk, of molekulêre analises doen.

Een met ’n voorliefde vir die natuur, veral plante; wat laboratorium- en veldwerk geniet;’n oog het vir detail; nuuskierig; akkuraat; geduldig; volhardend is; belang stel in biologie en landbou; ’n probleem-oplosser en hardwerkend is; en oor puik kommunikasie- en skryfvaardighede beskik.

Ongeveer 40% van die kos wat ons produseer, gaan verlore weens plantsiektes, plae en onkruide. Ons moet in staat wees om plantsiektes te kan bestuur sodat die snel groeiende wêreldbevolking gevoed kan word.

Plantpatologie behels die studie van mikro-oganismes (swamme, bakterieë en virusse) en die omgewingstoestande wat siekte by plante veroorsaak, die meganismes waardeur siektes plaasvind, interaksies tussen mikro-organismes en plante, en laastens metodes om plantsiektes te bestuur.