Skip to main content
Varsity Atletiek-aksie op Stellenbosch

Varsity Atletiek-aksie op Stellenbosch

Varsity Sports
31 Maart 2016

​​Varsity Atletiek sal die 2016 seisoen volgende week (Donderdag 7 April) in die Coetzenburg-stadion afsluit.

Atlete van die deelnemende universiteite het vir groot opwinding gesorg in Johannesburg met die vorige ontmoeting op 18 Maart. Die Universiteit van Pretoria (Tuks) het die A-afdeling gewen.

Hoewel hul vyfde geëindig het, het Maties ’n paar podiumhoogtepunte gehad, en baie van hierdie atlete sal ook op Coetzenburg te sien wees.

Jean-maré Senekal het die 400m hekkies vir vroue gewen, Justine Palframan het die 200m vir vroue gewen en Pierre Malherbe het die 5000m vir mans gewen.

Cameron Donkin het silwer gewen in die diskusitem terwyl Samantha Pretorius tweede gekom het in die verspring. Dante de Wet het brons gewen in die spiesgooi en die vroue 4x100m-aflosspan van Senekal, Pretorius, Janke van Wyk en Shannon Arendse het tweede gekom.

Die Varsity Atletiek-reekswenner vir 2016 sal by die tweede ontmoeting betaal word – sal dit Tuks wees, of sal daar 'n nuwe wenner wees?

Die uitslae ná die ontmoeting by UJ: A-afdeling:1 Tuks:154962 UJ: 153753 Pukke: 152944 Kovsies: 145055 Maties: 140986 UWK: 140157 Madibaz: 137598 TUT: 13147

B-afdeling: 1 UK: 80432 UL: 65713 VUT: 60374 CUT: 5721

Kaartjies is beskikbaar via die Varsity Sports App in die Google Play en Apple Store. 

Foto: Justine Palframan wen die 200m vir vroue by die vorige Varsity Atletiek-ontmoeting in Johannesburg. Fotokrediet: SASPA