
US-personeel en studente skryf fluks in 2016
Die Universiteit Stellenbosch (US) is ʼn leier op navorsingsgebied en ʼn plek van denkleierskap. Ons personeel en studente skryf nie net akademiese artikels vir geakkrediteerde joernale nie, maar is ook baie goed daarmee om hul insigte met die breë publiek te deel.
Vir etlike jare handhaaf die hoogste navorsingsuitset per capita van alle universiteite in die land, aldus die Departement Hoër Onderwys en Opleiding, soos gemeet aan publikasie-uitsette (joernaalartikels, boeke en hoofstukke), asook skripsiemeesters- en doktorsgrade.
Benewens sy navorsingsuitnemendheid, handhaaf die Universiteit ook ʼn sterk teenwoordigheid in die populêre media danksy bydraes deur US-personeel en studente.
In 2016 het daar nagenoeg 183 diepte- en meningsartikels asook 69 gereelde rubrieke deur ons personeel en studente in die gedrukte en elektroniese media in Suid-Afrika en internasionaal verskyn – waarvan ons weet.
Van die artikels was deur nuwe ontvangers van doktorsgrade wat hul PhD-navorsing toeganklik vir ʼn nie-akademiese gehoor gemaak het. Ander artikels was deur gevestigde wetenskaplikes wat spesifieke navorsingsbevindings met die publiek gedeel het. Sommige artikels was gekoppel aan bepaalde nasionale en internasionale dae terwyl ander bydraes op aktuele kwessies en sake van die dag gefokus het.
Klik hier vir ʼn lys artikels en rubrieke wat in die populêre media verskyn en Korporatiewe Kommunikasie opgeval het, wat baie hiervan gefasiliteer het – dog nie almal nie. Dit is heel moontlik dat daar ander artikels verskyn het waarvan ons nie kennis dra nie. En hierdie lys sluit ook nie gereelde blogs deur US-akademici in nie.