
US gasheer vir die 4de Jaarlikse system Dynamics Konferensie
South Africa System Dynamics (SASD) Chapter en Eskom SOC het sy 4de Jaarlikse System Dynamics Konferensie op 17 - 18 November, 2016 gehou. Dit is deur deur die Universiteit Stellenbosch aangebied. Daar was 48 deelnemers van regoor Suid-Afrika wat die konferensie bygewoon het. Prof Alan Brent van die Department Bedryfsingenieurswese, wat ook die voorsitter is van die SASD Chapter, het ná 'n kort verwelkoming die nuwe SASD Chapter beleidsraad vir 2017 bekend gestel (hieronder gelys).
Prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing en Innovasie, het die deelnemers verwelkom en op die belangrikheid van innovasie vir 'n volhoubare bestaan gewys vir 'n planeet wat vinnig besig om sy drakragkapasiteit te nader. Hy het voorts die akroniem, "WEALTH" gebruik om belangrike fokuspunte te illustreer vir 'n volhoubare planet waarvolgens W - staan vir World (Wêreld), E – Economy ('Ekonomie'), Energy (Energie), Environment (Omgewing); A – Agriculture (Landbou), Access (toegang tot energie-, waterbronne, ens): L - vir Leadership (Leierskap); T - vir Technology (Tegnologie); en H - vir Health (Gesondheid), Happiness (Geluk.). "Indien een van hierdie aspekte ontbreek, is ons nie ryk (Wealthy) nie, het prof. Cloete gesê. Hy het dit benadruk dat ons moet opstaan en die lendene omgord om globale probleme wat betref die ekonomie, energie, omgewing, landbou, leierskap, tegnologie, en gesondheid die hoof te bied ten einde 'n gelukkige en voorspoedige toekoms te verseker. "Ons is hier byeen met uiteenlopende navorsingsresultate wat nie alleen tot 'n beter begrip sal lei van ons probleme nie, maar wat tegelyk ook moontlike oplossings kan bied oor hoe om die probleemlas te verlig of hulle straks geheel en al uit te wis," het prof Cloete gesê.
Die hoofspreker op die konferensie was dr Morné Mostert, direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch. Met sy toespraak, met die byskrif "vuja de," het hy ons uitgedaag om ons benadering tot huidige probleme met nuwe denkwyses te vervang om sodoende 'n unieke perspektief en oplossings te vind vir sulke probleme.
Hy het onder meer die neiging van sommige instansies betreur wat die oplossing wil vind in basiesese beginsels. Dr Mosterd het hierdeur dan ook prof Eugene Cloete se vroeëre opmerking onderstreep waar hy gesê het dat innovasie die sleutel is tot 'n volhoubare wêreldgemeenskap. Tegelyk het dit ook sterk herinner aan die woorde van die bekende Nigeriese romanskrywer, Chinua Achebe: "Ortodoksie, of dit nou van regs af kom of van links, is die begraafplaas van kreatiwiteit." Met sy skitterende styl van aanbieding en subtiele humor, het hy dit by ons tuisgebring dat ons toekomsgerig moet wees en nie oplossings vir die môre in die huidige of in die verlede te wil gaan soek nie. Deur toekomsgerig te wees, kan strategiese benaderings tot probleemoplossings gevind word.
Op 17 November is ses-en-twintig referate gelewer wat verband hou met verskeie onderwerpe soos energie, volhoubare stede, gesondheid en voeding, volhoubare hulpbronbestuur en water. Op 18 November het 'n globale klimaatsverandering-simulasie plaasgevind, waartydens die deelnemers as rolspelers globale ooreenkomste aangegaan het met behulp van 'n dinamikastelsel. Hieruit het die dinamika wat 'n rol speel duidelik geblyk en ook dat sodanige onderhandelinge uiters kompleks is. Daadwerklike pogings van al die nasies word vereis om die 2 grade Celsius doelwit te bereik.
Om te registreer en meer te leer oor South Africa System Dynamics Chapter gaan na: www.systemdynamics.org.za of e-pos: [email protected]
South Africa System Dynamics Policy Council, 2017
Prof. Alan Brent - President
Nalini Sooknanan Pillay –Visepresident
Prof Josephine K Musango – Organiseringsekretaris
Mapule Ntsoane – Skadu-Organiseringsekretaris
Nic Cloete-Hopkins - Tesourier
Verkose lede
1. Paulus Curriebeker - Publisiteitsekretaris
2. Daniel Booyens
3. Andries Botha
4. Prof. Leon Pretorius
5. Benjamin Batinge - Studenteraadslid
His keynote address, captioned "vuja de," challenged us to change our approach to assessing familiar problems with a new mindset. This would offer unique perspectives and solutions for contemporary issues.
To register and learn more about the South Africa System Dynamics Chapter,
please go to: www.systemdynamics.org.za or e-mail: [email protected]
Foto, van links na regs: Dr Morne Mostert, me Nalini Sooknanan Pillay, prof Eugene Cloete, dr Josephine Kaviti Musango en prof Alan C Brent.
Fotograaf: Anton Jordaan