Skip to main content
Konvokasie verkies nuwe US Raadslid

Konvokasie verkies nuwe US Raadslid

Alumni Relations / Alumni-betrekkinge
04 November 2016

Prof GJ (Gerrit Jacobus) Crafford, Maties-alumnus en tans medeprofessor in Bourekenkunde aan Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), is onlangs deur lede van die Universiteit Stellenbosch (US) se Konvokasie tot die Universiteitsraad verkies. Prof Crafford se termyn begin op 4 November 2016 en verstryk op 1 April 2020. Die vakature het ontstaan na die bedanking van adv JC (Jan) Heunis, wat deur die Konvokasie vir die termyn 02 April 2016 tot 01 April 2020, tot lid van die Universiteitsraad verkies was.Lede van die Konvokasie is vroeër versoek om nominasies in te dien vir die vul van hierdie vakature. Aangesien meer as een kandidaat genomineer is, is ʼn verkiesing gehou. Konvokasielede kon op verskeie wyses stem – via faks, e-pos, per pos, per hand of elektronies.Die benoemde kandidate was mnr JS (Job) Amupanda, adjunk dekaan aan die Universiteit van Namibie; me J (Jeanne-ette) Boshoff, Internasionale sakeleier en tersiêre onderwys-bemarkingspesialis; en me LC (Lovelyn Chidinma) Nwadeyi, onafhanklike konsultant by Allan Gray.