
Gesondheids- navorsing-etiek in die kollig
Die eerste werkswinkel wat al die Gesondheidsnavorsing-etiekkomitees in die Wes-Kaap byeen gebring het, was onlangs by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aangebied.
Die werkswinkel is geopen deur die befaamde etikus, prof Anton van Niekerk, en het drie paneelbesprekings oor tersaaklike etiese onderwerpe ingesluit, naamlik, wederkerige oorsig, toegang tot sorg na afloop van 'n proefstudie, en die deel van data. Ander onderwerpe onder bespreking was: die tweede weergawe van die Departement van Gesondheid se riglyne vir gesondheidsnavorsing wat onlangs hersien is; 'n oorsig van kwalitatiewe navorsingsmetodologië; navorsing oor kinders; en die gebruik van plasebo's in navorsingsproewe.
Die werkswinkel het meer as 100 deelnemers gelok van navorsing-etiekkomitees by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit Stellenbosch, en die Universiteit van Wes-Kaapland.
Die werkswinkel is vanjaar aangebied en befonds deur die Universiteit Stellenbosch se Gesondheidsnavorsing-etiekkomitee en die Voorgraadse Navorsingsetiek-komitee en die Afdeling vir Navorsingsontwikkeling. Voorts sal die werkwinkel jaarliks aangebied word en daar word beoog om die 2017-werkswinkel by die Universiteit van Kaapstad aan te bied.
Foto: Prof Anton van Niekerk (agter) met 'n paneel van sprekers, prof Laurence Piper, mnr Navin Naidoo, and drr Alistair Hunter and Nicola Barsdorf, by die eerste navorsingsetiek-werkswinkel wat al die navorsingsetiek-komitees in die Wes-Kaap byeen te bring.