Skip to main content

Adjunkminister prys US se gereedheid vir 2026-akademiese jaar

Die adjunkminister van Hoër Onderwys, dr Mimmy Gondwe, het op die eerste stop van 'n nasionale gereedheidstoer die Universiteit Stellenbosch se gereedheid vir die nuwe akademiese jaar bevestig. Finansiering, verblyf en NSFAS-verwante registrasieblokkering het 'n eerlike en oplossingsgefokusde skakeling met senior bestuur en studenteleiers oorheers. Gondwe het die Universiteit se studente-gesentreerde benadering geprys en haar besoek as "baie suksesvol" beskryf.

Policy Beleidshandleiding gebruik KI om stryd teen GBG te versnel

Reaksie op 'n nasionale ramp: Beleidshandleiding gebruik KI om stryd teen GBG in Suid-Afrika te versnel. Die Suid-Afrikaanse FemAI-laboratorium 'n samewerking is tussen die US se Beleidslaboratorium, Women Political Leaders (WPL) en GIZ. Die Suid-Afrikaanse FemAI-laboratorium het politieke leiers, vroue-entrepreneurs, akademici en burgerlike organisasies byeengebring om saam strategieë te skep om GBG deur die gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) aan te spreek.

Gees loop hoog terwyl US voorberei om sy nuwe Maties te verwelkom

Duisende nuwelingstudente sal op die Universiteit Stellenbosch (US) se kampusse aankom om deel te neem aan die amptelike Verwelkomingsprogram. Die propvol program is ontwerp om nuwe studente te help om by die universiteitslewe aan te pas. Een van die hoogtepunte van die program is die amptelike verwelkomingsgeleentheid, aangebied deur die US se Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath.

Suid-Afrika se topleerder is 'super opgewonde' om Matie te word

Suid-Afrika se top openbareskool-matrikulant het die Universiteit Stellenbosch vir haar naskoolse studie gekies. Abigail Kok gaan vir 'n graad in datawetenskap registreer en haar intrek in die Sonop-koshuis neem. Die US se groot trekpleisters vir die dux-leerder van York High is sy akademiese uitnemendheid, studentelewe en sosiale impak-etos.

Prys vir versterking van literêre bande tussen Suid-Afrika en Nederland aan dr Alfred Schaffer toegeken

Dr Alfred Schaffer, 'n akademikus van die Universiteit Stellenbosch het die Van Ewijk-stigting se Prestasietoekenning gewen vir die bevordering van kulturele bande tussen Suid-Afrika en Nederland. Die R100 000-toekenning erken sy werk as digter, vertaler en akademikus regoor die Afrikaans- en Nederlandssprekende wêrelde. Schaffer beskryf die prys as 'n oomblik van besinning oor 'n lewe gevorm deur taal, migrasie en literêre uitruiling.

US onder wêreld se voorste hoëronderwysinstellings in verskeie vakgebiede

Die US verskyn op 2026 Times Higher Education se Wêreldranglys van Universiteite per vak. Tel steeds onder voorste hoëronderwysinstellings wêreldwyd in verskeie vakgebiede. Vertoon goed in Lettere en Geesteswetenskappe, Geneeskunde en Gesondheid, Opvoedkundestudie, Regte, Lewenswetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Sielkunde, Besigheid en Ekonomie, en Ingenieurswese.

Prof Nina Schumann vind nuwe note in ’n wêreld herverbeel deur Parkinson se siekte

Net dae nadat die Universiteit Stellenbosch (US) Wêreldbewegingsversteuringsdag met ’n kitsskare vir bewustheid oor Parkinson se siekte by die Neelsie Studentesentrum gevier het, het een van die Universiteit se mees gevierde musikante ’n diep persoonlike blik op haar lewe met ’n bewegingsversteuring aangebied. Concerto kombineer huidige beeldmateriaal met uittreksels uit die argiewe van die virtuoos in haar fleur om te wys hoe Schumann hernude sin vind te midde van verwoestende verlies. Ten spyte van die aanpassings, geniet Schumann steeds ’n vol skedule van klasgee en uitvoerings.

Eerstegenerasie- US geneeskundegegradueerde bewys dat drome wat in klein plekke gewortel is, ver kan gaan

Reuben Lefa Masia, wat aan die Universiteit Stellenbosch (US) gegradueer het met ’n MBChB, kom van Roossenekal, ’n 2,5 km²-kolletjie op die Limpopo-kaart. Masia het al in die kleuterskool verklaar dat hy ’n dokter wou word. Die US se SOAR-program wat eerstegenerasie-studente ondersteun, het ’n pilaar van ondersteuning verskaf.

‘Skut gat and dala’ – baanbrekersnavorsing vir meestersgraad vang geleefde werklikheid van Wynland-vroue vas

Chérise Adams herformuleer feministiese teorie deur die geleefde kennis van Kleurling* werkersklasvroue in die Wynlande Haar tesis – wat deels in Afrikaaps geskryf is – fokus op die sorg, veerkragtigheid en alledaagse oorlewingstrategieë wat in hoofstroomfeminisme oor die hoof gesien word. Haar werk vereer vroue wie se intellektuele arbeid lank verkeerdelik as omstandigheid eerder as teorie geïnterpreteer is.

Dr Florence de Vries se PhD deur verlies en sorg gevorm

Kommunikasieleier voltooi 'n PhD wat ondersoek hoe joernalistiek geestesgesondheidsnarratiewe in Suid-Afrika vorm. De Vries omskep persoonlike verlies en geleefde ervaring in 'n studie wat is in sorg, empatie en verantwoordelikheid gefundeer is. Haar navorsing doen 'n oproep om nuuskamerkulture wat geestesgesondheidsverslaggewing as 'n daad van openbare diens eerder as 'n spektakel beskou.
Subscribe to