Skip to main content

Geestesgesondheid


Het jy enige van die dinge op die lys hieronder in die afgelope twee weke ervaar, en maak enige van hierdie kwessies dit vir jou moeilik om jou werk te doen, na jou blyplek om te sien of met mense oor die weg te kom? 

  • Verlies aan belangstelling of vreugde in dinge wat jy vantevore geniet het
  • Veranderings in jou eet- of slaapgewoontes
  • Sukkel om te konsentreer in die klas, of in die algemeen
  • Algemene gevoelens van hartseer, prikkelbaarheid, vrees of hulpeloosheid
  • Ontevredenheid met jouself (voel datnie jy goed genoeg is nie)
  • Dikwels gespanne, senuweeagtig of angstig
  • Moet te veel dinge gelyktydig hanteer, of dink te veel oor elke enkele dinge
  • Hanteer stressors deur op ongesonde gewoontes te steun, soos selfbesering, dwelmmisbruik of om te ooreet

Ons moedig jou aan om ’n afspraak by die SSVO te maak vir sielkundige of terapeutiese steun. 

Het jy enige van die volgende in die afgelope twee weke ervaar?

  • Dink daaroor om jouself te beseer?
  • Gedagtes oor die dood of selfdood?

Ons lewer ’n 24 uur krisisdiens. Jy kan in kantoorure (08:00-16:00 op weeksdae) vir ons ’n e-pos stuur of ons bel by 021 808 4994/37, of ons by Victoriastraat 37 besoek. 


Na ure kan jy die ER24 noodlyn skakel by 010 205 3032.