Skip to main content

Akademiese Sukses


Baie mense sukkel met tydsbestuur – op verskillende tye in hul lewe, maar veral wanneer hulle met ’n groot aantal take of verantwoordelikhede gekonfronteer word. Dit is heeltemal normaal om oorweldig te voel wanneer jy gestruktureerd moet werk, jou tyd doeltreffend moet bestuur, of met sperdatums moet tred hou. 

Hou moed: Almal kom voor hierdie struikelblokke te staan, en wanneer jy ondersteuning of leiding soek om beter selfbestuursvaardighede te ontwikkel, loop jy die proaktiewe pad. 

Die eerste stap is om te erken dat jy hierdie probleme ervaar; dit motiveer jou om strategieë en hulpbronne vir suksesvolle selfbestuur te vind. Wees dan proaktief deur verskeie tegnieke te verken om persoonlike groei te behaal. 

Die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) bied hulp met verskeie uitdagings wat studente op hul uitgebreide akademiese reis teëkom. Vir meer inligting hieroor raadpleeg ons GRAD-boekie.  

Maak gerus ’n afspraak met ’n SSVO sielkundige of berader om jou akademiese uitdagings te bespreek. E-pos ons gewoon by [email protected].

Dit kan tot jou voordeel wees om studietegnieke te ondersoek wat in pas is met jou leermetodes

Die GRAD-boekie verduidelik hoe die vlak van leer vanaf skool na universiteit verander: 

  • Op hoërskool val die klem op die verstaan en memorisering van inhoud.
  • Op universiteit moet jy die inhoud kan toepas, ontleed en evalueer. 

Daarom gaan jy waarskynlik jou studiemetodes daarvolgens moet aanpas. 

Die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) bied verrykende werkswinkels oor hierdie tema aan. Skryf hier in vir ’n sessie. Die SSVO se versameling akademiese selfhelpbronne bied hulp met verskeie uitdagings wat studente op hul akademiese reis teëkom. 

Maak gerus ’n afspraak met ’n SSVO sielkundige of berader om jou akademiese uitdagings te bespreek. E-pos ons gewoon by [email protected].

’n Nuttige eerste stap kan wees om jou af te vra hoekom jy nie gemotiveerd voel nie. 

Daar is verskeie redes waarom studente ongemotiveerd voel, en die oplossing hang dikwels af van jou spesifieke rede. 

  • Stel jy min belang in jou studierigting,
  • is jy moeg as gevolg van ’n gebrek aan slaap,
  • is jy onseker oor hoe om te studeer,
  • voel jy oorweldig deur die werklading,
  • vermy jy die ongemak daarvan om jou tot die uiterste in te span,
  • twyfel jy in jouself? 

Sodra jy die “hoekom” bepaal het, kan jy kyk hoe jy jou aksies kan rig en motivering vir die studieproses kan bou.

 Volg hierdie skakel vir ’n verduideliking van die konsep “motivering”, die onderskeid tussen intrinsieke en ekstrinsieke motivering, en wenke om motivering te verbeter.   

Ander hulpbronne oor motivering: 

Dit kan ook nuttig wees om jou doelwitte te hersien. Jou GRAD-boekie bevat ’n interessante hoofstuk oor die onderwerp. 

Die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) bied akademiese werkswinkels oor toets- en eksamenvoorbereiding. Skryf hier in vir ’n sessie. 

Maak gerus ’n afspraak met ’n SSVO sielkundige of berader om jou akademiese uitdagings te bespreek. E-pos ons gewoon by [email protected].

Konsentrasie is noodsaaklik in die studieproses. 

Studente het om verskeie redes soms probleme om te konsentreer wanneer hulle studeer. Dit wek kommer, want studente se akademiese prestasie kan daaronder ly. Maar moenie moed opgee nie: daar is maniere waarop jy jou konsentrasie kan verbeter. 

Selfmoniteringstrategieë en effektiewe studieplanne is twee daarvan. 

Die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) se versameling akademiese selfhelpbronne bied hulp met verskeie uitdagings wat studente op hul uitgebreide akademiese reis teëkom. Die SSVO bied verrykende werkswinkels oor hierdie tema. Skryf hier in vir ’n sessie. 

Maak gerus ’n afspraak met ’n SSVO sielkundige of berader om jou akademiese uitdagings te bespreek. E-pos ons gewoon by [email protected].

Die meeste studente voel senuweeagtig voor hulle ’n toets of eksamen moet aflê. ’n Mens sou dink dat dit ná al daardie toetse op skool makliker sou word! Maar dis oukei. Eintlik is dit meer as oukei, want ’n positiewe gevoel van stres (ons noem dit ‘eustres’) kan ’n gesonde dryfveer wees om jou nog beter te kan voorberei.   

Wenke vir die hantering van eksamenstres:  

Vir meer inligting hieroor, raadpleeg ons GRAD-boekie

Die Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) bied toegang tot nuttige hulpbronne oor die onderwerp, sowel as akademiese werkswinkels oor toets- en eksamenvoorbereiding. Skryf hier in vir ’n sessie. Maak gerus ’n afspraak met ’n SSVO sielkundige of berader om jou akademiese uitdagings te bespreek. E-pos ons gewoon by [email protected].

Assesseringsvergunnings (ook: “assesseringskonsessies”) word toegestaan om te verseker dat alle studente ’n billike en gelyke geleentheid kry om hulle kennis en vaardighede te demonstreer. 

Jy het dalk assesseringstoegewings nodig as jy met die volgende te kampe het:  

  • leerprobleme (bv. disleksie, diskalkulie, ADHD) wat leer, skryf of verwerkingspoed aantas;
  • fisieke gestremdhede wat dit moeilik maak om te skryf, vir lang tye te bly sit of toegang tot standaard-assesseringsmateriaal te kry;
  • sensoriese belemmerings (bv. visuele of gehoorverlies) wat aanpassings verg, soos grootdrukvraestelle of gebaretaaltolke;
  • geestesgesondheidstoestande (bv. angstigheid, depressie) wat ’n uitwerking op konsentrasie en prestasie in ’n toetssituasie wat ’n tydbeperking het;
  • mediese toestande of tydelike beserings (bv. chroniese siekte, gebreekte hand) wat ekstra tyd, ruspouses of ander formate verg. 

Toegewings kan ekstra tyd, ruspouses, ’n afsonderlike stil lokaal, steuntegnologie of ’n skribent/leser insluit. As jy dink jy gaan dalk ondersteuning nodig hê, begin asseblief die proses deur die Studenteassesserings-webblad te besoek.