Praktiese Teologie en Missiologie
Om geloof in aksie te betrek deur bediening, gemeenskapsontwikkeling en sosiale transformasie.
Oor die departement
In die dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie probeer ons verstaan hoe die Woord en aksies van God vorm kry in die woorde en dade van die mens op aarde. Wat beteken dit om deur God gestuur te word na die wêreld waar ons leef en werk? Hoe oorsteek ons die grense van kultuur, ras, klas, geslag, plek en ouderdom om diegene in nood te bereik? Teologie is woorde en getuienisse oor God. Wanneer ons God hoor en sien, begelei God ons na die nood van ons naaste. Wat is hierdie nood? Wat veroorsaak hierdie nood? Hoe spreek ons dit aan? Hoe rus ons leiers, lidmate en gemeentes toe om betrokke te raak by God se sending na die wêreld?
In die lig hiervan handel die dissiplines van Praktiese Teologie en Missiologie oor kwessies van kerkbediening, die lewe van geloofs-gemeenskappe in verskillende kontekste, en transformerende optrede in die samelewing.
In Praktiese Teologie is daar spesialisasies wat fokus op liturgie en homiletiek, pastorale sorg, gemeenskapsontwikkeling en jeugwerk. Missiologie en die wetenskap van godsdienste is 'n teologiese dissipline wat bestudeer of, hoe en waarom individue en groepe in die kerke en die wêreld (voldoende) reageer en
deelneem aan die grensoorskrydende aktiwiteite van God in die wêreld. Dit fokus op op ekumenisiteit, kulturele diversiteit en intergodsdienstige kwessies – veral binne die Afrika-konteks.
Fokusareas
- Pastorale sorg
- Jeugbediening
- Homiletiek en liturgie
- Gemeenskapsontwikkeling
- Missiologie