Skip to main content
Roei mite uit dat meisies in Afrika nie kan uitblink in wiskunde en wetenskap
Image by:

Roei mite uit dat meisies in Afrika nie kan uitblink in wiskunde en wetenskap

Nox Makunga
20 Februarie 2017

​Almal van ons behoort te help om die stereotipe dat slegs seuns in wiskunde en wetenskap belangstel af te breek ten einde te verseker Afrika se toekomstige vroue-navorsers bly nie randfigure nie, skryf prof Nox Makunga van die Departement Plant- en Dierkunde in ʼn meningsartikel wat Sondag (19 Februarie 2017) op The Conversation-webblad verskyn het.