Matieland is die Universiteit Stellenbosch (US) se bemarkingstydskrif wat twee keer per jaar verskyn en aan alumni, donateurs, besoekers en kliënte van die US versprei word.
Hoewel die Universiteit diepgewortel is in Afrika, strek sy werksaamhede regoor die wêreld. Oor die afgelope honderd jaar het dit ontwikkel tot ’n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling met die visie om een van Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteite te wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder. Matieland is ‘n volkleur-tydskrif wat hierdie visie weerspieël. Dit is in beide Afrikaans én Engels beskikbaar, en word in ’n gedrukte en digitale weergawe uitgegee.
Klik op die foto van die voorblad (regs) om die jongste uitgawe aanlyn te lees. >>
Redaksiekantoor
Redaktrise: Blanché de Vries-Bartes
Korporatiewe Kommunikasie
Universiteit Stellenbosch
Privaatsak XI,Stellenbosch 7599
E-pos: [email protected]
Advertensie
Blanché de Vries-Bartes
E-pos: [email protected]
