Skip to main content

Selfargivering

 
Hierdie Universiteit Stellenbosch institusionele beleid is amptelik deur die US Raad op 1 Desember 2014 aanvaar.

 

Vrae en antwoorde

Die beleid vereis dat volteks kopieë van gepubliseerde navorsingsartikels of konferensiereferate van outeurs wat 'n formele affiliasie met die US het in SUNScholar (institusionele bewaarplek) gehuisves word.

  • Volteks (PDF-formaat) van die gepubliseerde tydskrifartikel ("publisher's version") ooreenkomstig die uitgewer se beleid.
  • Volteks (PDF-formaat) van die na-druk-weergawe (aanvaarde outeursmanuskripte met hersienings ingereken) van 'n tydskrifartikel ooreenkomstig die uitgewer se beleid.
  • Volteks (PDF-formaat) van eweknie-beoordeelde konferensiereferate ooreenkomstig die uitgewer se beleid.
  • Kontak jou fakulteitsbibliotekaris wat namens jou kan deponeer, of,
  • Deponeer self jou navorsingsuitsette deur 'n e-pos aan [email protected] te stuur om aansoek te doen om as 'n deponeerder te registreer of volg die stappe soos uiteengesit op ons hulpblad.
  • 'n Individu mag ook namens 'n departement deponeer indien die persoon geregistreer is op SUNScholar as 'n deponeerder en indien hulle al die nodige inligting het om die verwysing volledig in te vul.

Navrae kan gerig word aan jou fakulteitsbibliotekaris of die Wetenskaplike Kommunikasie-afdeling.

  • Besoek die webtuiste van die uitgewer of tydskrif, of
  • Raadpleeg die Open policy finder databasis van uitgewersbeleide.

Ja, indien jy steeds toegang het tot die na-druk of ander toepaslike weergawe van die artikel.

Slegs PDF-formaat word op 'n institusionele bewaarplek gehuisves aangesien hierdie formaat vir langtermyn bewaring geskik is.

Outeurs word aangespoor om die kopiereg te behou op materiaal van hulle waarvan die US die kopiereghouer is en verder aangemoedig om 'n "lisensie om te publiseer" te onderteken wat hulle sal toelaat om 'n kopie van 'n artikel in SUNScholar te deponeer. Die "lisensie om te publiseer" word gewoonlik verleen deur 'n "outeursaddendum" te voeg by die uitgewer se kopieregoordragooreenkoms. Kyk gerus na 'n voorbeeld hier.

Sommige uitgewers en vaktydskrifte vereis 'n embargoperiode alvorens geargiveerde kopieë van artikels op 'n institusionele bewaarplek toeganklik gemaak kan word en verskaf ook duidelike instruksies in dié verband. Embargo's word outomaties binne die bewaarplek gelig op die toepaslike datums.

Jy kan die tydskrif of uitgewer inlig dat jy wel beplan om 'n kopie op jou institusionele bewaarplek te huisves. Verwys asseblief na die vraag oor kopiereg hierbo.

Dit sal die sigbaarheid van jou navorsing op die internet verhoog. Die artikel op SUNScholar sal die korrekte verwysing en URL skakel vertoon wat na die oorspronklike publikasie verwys.

Daar word nie na die bewaarplek self verwys nie, maar eerder na die artikel soos wat dit op die oorspronklike vaktydskrif of uitgewer se webblad verskyn. Hierdie inligting word op die rekord binne SUNScholar aangedui.