Skip to main content

Ondersteuning vir ooptoegangpublikasie

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het die afgelope twee jaar ooreenkomste met uitgewers onderteken wat daartoe gelei het dat outeurs verminderde publikasiefooie vir ooptoegangpublikasie kon betaal, of in sommige gevalle selfs geen publikasiefooie nie. In 2023 is meer as 4 400 hibriede en 550 volkome ooptoegangtydskrifte deur middel van transformational agreements by die bestaande lys van tydskrifte gevoeg waarin US-outeurs meet oop toegang kan publiseer sonder om publikasiefooie te betaal. Dit beteken dat Suid-Afrikaanse outeurs in 2023 in meer as 50% van die tydskrifte waarop SANLiC lede inteken, kan publiseer sonder om publikasiefooie vir ooptoegangpublikasie te betaal!

Ons wil navorsers aanmoedig om die beskikbare publikasieopsies te benut om sodoende die sigbaarheid van die US se navorsingsuitsette te verhoog en die Universiteit se navorsingsprofiel te bevorder.

Die Biblioteek het tot op hede die onderstaande read and publish-ooptoegangooreenkomste met uitgewers gesluit:

Die ooreenkoms is geldig vir drie jaar (2023-2025) en verskaf toegang tot die ACS All Publications pakket. Die ooreenkoms slit voortgesette leestoegang tot meer as 75 tydskrift van die ACS All Publications pakket in, asook onbeperkte ooptoegangpublikasie in die ACS hybrid journals.

Daar is geen beperking op die aantal artikels wat outeurs oop toegang kan publiseer nie. Vir goue optoegangtydskrifte (die ACS Au-tydskrifte) word 'n eenvormige publikasiefooi van $3 000 gevra. Hierdie tarief geld egter nie vir ACS Omega nie, aangesien die tydskrif se publikasiefooi reeds baie verlaag is.

 

Die Biblioteek se ooreenkoms met ACM laat US-outeurs toe om sonder enige koste hul artikels met oop toegang by ACM te publiseer. Outeurs kan wel kies om nie van die ooptoegangopsie gebruik te maak nie.

 

Die Biblioteek se ooreenkoms met CUP dek ooptoegangpublikasiefooie. Dit maak dit moontlik vir alle US-outeurs om artikels met oop toegang in CUP-tydskrifte te publiseer sonder enige ekstra koste. Outeurs moet hulle @sun.ac.za e-posadres gebruik wanneer hulle ’n artikel by ’n CUP ooptoegangtydskrif indien.

 

This is a three year agreement (2024-2026).
Authors affiliated with Stellenbosch University can publish an uncapped number of research articles immediately Open Access (OA) in our hybrid journals (Development, Journal of Cell Science and Journal of Experimental Biology) and our fully Open Access journals (Disease Models & Mechanisms and Biology Open) without paying an article processing charge (APC). Researchers at participating institutions also benefit from unlimited access to our hybrid journals, including their full archives dating back to 1853.
Number of included articles

There is no limit on the number of articles that authors affiliated with participating institutions can publish open access without paying article processing charges (APCs).
 

Dit is 'n drie jaar (2023-2025) ooreenkoms met Elsevier vir die ScienceDirect Freedom Collection. Die ooreenkoms sluit 'n nasionale beperking van 2 221 gratis ooptoegangpublikasies in hibriede tydskrifte in. Verder is daar ook 'n 15% korting op publikasie in goue ooptoegangtydskrifte

Ingesluit by die ooreenkoms is 'n ontwikkelingsprogam wat ten doel het om ondersteuning en ontwikkelling in die Suid-Afrikaanse navorsingsgemeenskap te bevorder. Meer inligting hieroor is beskikbaar by https://www.elsevier.com/open-access/agreements/south-africa.

 

 

Die Emerald-ooreenkoms vir 2022-2024 laat US-outeurs toe om sonder enige koste ’n beperkte aantal artikels met oop toegang te publiseer in die goue en hibriede tydskrifte waarop die US inteken. Die beperking op die aantal artikels is op Suid-Afrika as geheel van toepassing en aansoeke sal hanteer word in die volgorde waarin dit ontvangs word.

 

Die ooreenkoms met SAGE laat US-outeurs toe om ’n onbeperkte aantal artikels met oop toegang in die IMechE-tydskrifte te publiseer. Die versameling sluit die Proceedings of the Institution of Mechanical Engineers in, sowel as twee ander eweknie-beoordeelde ingenieurstydskrifte.

 

Leestoegang tot meer as 70 vakkundige tydskrifte, insluitend ie toonaangewende reeks Journal of Physics, is beskikbaar tot so ver terug as 1874. Publikasie in IOP's hibriede en goue ooptoegang tydskrifte is onbeperk. Daar is egter 'n paar IOP Science Extra tydskrifte wat weens kontraktuele beperkings nie ooptoegangpublikasie bied nie.

 

US-outeurs wat by MDPI publiseer, sal 'n afslag van 10% op die publikasiekoste kry. Meer inligting oor die onderwerpe en tydskrifte wat MDPI dek, is beskikbaar by https://www.mdpi.com/.

 

 

Die Oxford-tydskrifversameling bied toegang tot 376 vakkundige en gesaghebbende tydskrifte wat in samewerking met verskeie professionele genootskappe uitgegee word. Huidige intekening sluit toegang in vanaf 1996. Publikasie in goedgekeurde hibriede tydskrifte is onbeperk en 'n 10% korting is van toepassing op die goue ooptoegangtydskrifte.

 

US-outeurs kry 15% afslag op RSC se ooptoegangpublikasiekoste. Die eerste vier artikels wat per jaar deur enige US outeur by RSC ingedien word, sal gratis gepubliseer word.

 

Ons ooreenkoms met SAGE maak dit vir US-outeurs moontlik om 'n onbeperkte aantal artikels gratis met oop toegang in SAGE se hibriede titels (SAGE Choice) te publiseer. US-outeurs wat in SAGE se lys van Pure Gold Open Access Journals publiseer, sal 'n afslag van 20% op die publikasiekoste kry. Daar is 'n beperkte aantal uitsonderings waar SAGE kontraktueel verhoed word om hierdie afslag aan te bied.

 

 

SCOAP³ (Sponsoring Consortium for Open Access Publishing in Particle Physics) is 'n wêreldwye vennootskap tussen biblioteke, nasionale befondsingsagentskappe en navorsingsinstansies in 47 lande, sowel as drie tussenregeringsorganisasies. SCOAP³ skakel subskripsietydskrifte op die gebied van hoë-energie fisika (deeltjiefisika) om na oop toegang deur die heraanwending van subskripsiefondse. Die vennootskap maak dit vir US-outeurs moontlik om gratis in hierdie tydskrifte te publiseer. 

Die SCOAP³ tydskrifte kan by https://repo.scoap3.org/ gevind word.

 

 

Die Springer Nature-ooreenkoms is 'n tranformational read and publish-ooreenkoms (2023-2025) vir die Springer Compact-versameling, wat alle hibriede en geslote tydskrifte in Springer, Adis, Palgrave en Nature Academic insluit. Geen publikasiefooie is betaalbaar om in hierdie tydskrifte te publiseer nie. 

Volkome ooptoegang Springer Nature-tydskrifte is nie by die ooreenkoms ingesluit nie. Artikels onder US-affiliasie kom wel in aanmerking vir 'n 15% korting op die publikasiefooie van BMC, Springer Open en Palgrave Macmillan Open

Neem asseblief kennis dat die Universiteit se 2025-publikasietoewysing, wat US-outeurs in staat stel om Oop Toegang in Springer Nature se hibriede tydskrifte onder die “Lees en Publiseer”-ooreenkoms te publiseer sonder om artikelverwerkingskoste (APCs) aan te gaan, uitgeput is.
Navorsers kan egter steeds voortgaan om in Springer Nature-tydskrifte te publiseer deur die normale publikasieproses sonder om APCs te betaal, alhoewel sodanige artikels moontlik agter ’n betaalmuur kan bly.
Neem asseblief kennis dat dit nie die 15%-afslag beïnvloed wat beskikbaar is vir publikasie in Springer Nature se BioMed Central (BMC) Oop Toegang-tydskrifte wat as deel van die publikasie-ooreenkoms beding is nie. Navorsers sal egter steeds verantwoordelik wees vir die volle APCs wanneer hulle in ander Springer Nature volledig Oop Toegang-tydskrifte publiseer.

 

 

Die Biblioteek gaan voort om die Universiteit se depositorekening by Springer Nature (wat ook die eienaars van BMC is) te administreer. Dit maak dit vir US-navorsers moontlik om ooptoegangartikels by BMC, Springer Open, Nature Open en Palgrave Macmillan Open in te dien sonder om vóór publikasie outeursfooie aan Springer Nature te betaal. Navorsers wat artikels teen die Universiteit se depositorekening by Springer Nature indien, sal 15% afslag op die publikasiefooie van die BMC, Springer Open en Palgrave Macmillan Open titels kry. Die Universiteit se depositorekening mag ook vir Nature Open titels gebruik word, maar geen afslag is hier van toepassing nie. Daar word van navorsers verwag word om ná publikasie 100% van hierdie outeursfooie, plus 15% BTW, aan die Biblioteek terug te betaal. Deur 'n artikel by Springer Nature teen die Universiteit se depositorekening in te dien, stem die navorser in om die volle koste aan die Biblioteek terug te betaal. Die Biblioteek sal die terugbetaling van die navorser terugeis wanneer Springer Nature ons laat weet dat sodanige artikel gepubliseer is. (Randwaarde bereken teen die wisselkoers op die dag waarop die terugbetaling geëis word.)

 

Dit is ’n driejaar-ooreenkoms (2024–2026).
Instansies wat aan hierdie ooreenkoms deelneem, het lees-toegang tot byna 2000 tydskrifte in die Sosiale Wetenskappe en Geesteswetenskappe (SSH) en Wetenskap en Tegnologie (S&T-pakkette). Daarbenewens kan gemagtigde outeurs wat aan ingeskrewe instansies verbonde is, hul artikels oop toegang publiseer in alle Taylor en Francis Open Select (hibriede) tydskrifte sonder om artikelverwerkingskoste (APCs) te betaal. Gemagtigde outeurs sal ook ’n 10% afslag ontvang wanneer hulle in die volledig ooptoegangtydskrifte van Taylor & Francis publiseer.

Daar is ’n beperking op die aantal artikels wat deur outeurs verbonde aan deelnemende instansies gepubliseer kan word. Vir 2024 is die beperking 1276 artikels, gedeel oor die konsortium en toegeken op ’n eerste-kom-eerste-bedien-basis. Die beperking is in twee groepe verdeel: 37% van die artikeltoewysing is toegewy aan publikasie in UNISA- en NISC-tydskrifte, terwyl 63% beskikbaar bly vir publikasie in alle ander Open Select (hibriede) tydskrifte.

 

Die ooreenkoms laat US-outeurs toe om gratis in Wiley se hibriede ooptoegangtydskrifte, die Wiley Gold ooptoegangtydskrifte sowel as die Hindawi tydskrifte te publiseer Daar is geen beperking op die aantal artikels wat US-outeurs in 2023 en 2024  in hierdie tydskrifte kan publiseer nie. 

Die Wiley-SANLiC-webblad gee 'n skakel na die Wiley Researcher Academy sowel as ander nuttige bronne en toekomstige opleidingsgeleenthede.

 

Vir meer inligting oor die uitgewers en vir die titels wat kwalifiseer vir ooptoegangpublikasie:

Kontak ons

Dr Siviwe Bangani
Waarnemende bestuurder
+27 21 808 4641