Skip to main content

Ondersteuning vir ooptoegangpublikasie

Oor die jare heen het die Biblioteek- en Inligtingsdiens ooreenkomste onderteken wat daartoe gelei het dat outeurs verminderde publikasiefooie vir ooptoegangpublikasie kon betaal, of in sommige gevalle selfs geen publikasiefooie nie. In die praktyk kan US-navorsers vanaf 2026 oop toegang in 10 933 tydskriftitels publiseer, waarvan baie subskripsietydskrifte is waarop die Biblioteek inteken. Hierdie vooruitgang, grootliks gefasiliteer deur SANLiC-onderhandelde ‘lees en publiseer’-ooreenkomste, het ten doel om finansiële hindernisse verder te verwyder en die globale sigbaarheid van Suid-Afrikaanse navorsing te bevorder.

Hieronder 'n lys van aktiewe ooreenkomste wat die Universiteit met 'n verskeidenheid uitgewers onderteken het:

Hierdie ooreenkoms is in 2023 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2026–2028) hernu. Die ooreenkoms sluit voortgesette leestoegang tot 73 hibriede tydskrifte en negentien volledig ooptoegangtydskrifte van die ACS All Publications-pakket in, asook onbeperkte ooptoegangpublikasie in die ACS-hibriede tydskrifte.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2025 gesluit en is ’n driejaar-ooreenkoms (2025–2027). AIP Publishing is ’n nie-winsgewende filiaal van die American Institute of Physics (AIP). Hulle publiseer hoëgehalte, eweknie-geëvalueerde navorsing in fisika en verwante dissiplines, insluitend akoestiek, chemie, ingenieurswese en geowetenskappe. Dit is ’n driejaar “lees en publiseer”-aanbod gebaseer op e-subskripsies. Let asseblief daarop dat AIP se goue ooptoegangtydskrifte nie by “lees en publiseer”-ooreenkomste ingesluit is nie, omdat hulle reeds oop is.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2021 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2024–2026) hernu. Die Association for Computing Machinery (ACM), ’n nie-winsgewende uitgewersvereniging, beplan om binne vyf jaar volledig ooptoegang te wees. Deelnemende instansies ontvang toegang tot die volledige ACM Digital Library en US-outeurs kan ook in ACM se hibriede en goue ooptoegangtydskrifte publiseer sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2021 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2025–2027) hernu. Cambridge University Press (CUP) publiseer tans meer as 400 eweknie-geëvalueerde akademiese tydskrifte, waarvan 330 hibried en 40 goue ooptoegangtydskrifte is. Deelnemende instansies ontvang toegang tot CUP se volledige versameling en US-outeurs kan ook in die meeste hibriede en goue ooptoegang CUP-tydskrifte publiseer sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2024 gesluit en is ’n driejaar-ooreenkoms (2024–2026).

Instansies wat aan hierdie ooreenkoms deelneem, het toegang tot vyf tydskrifte, waarvan drie subskripsie- (of hibriede) tydskrifte en twee goue ooptoegangstydskrifte is. US-outeurs kan hul artikels in enige van hierdie tydskrifte publiseer sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal.

Daar is geen beperking op die aantal artikels wat outeurs, wat aan deelnemende instansies verbonde is, oop toegang kan publiseer sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal nie.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2022 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2025–2027) hernu. Emerald publiseer meer as 300 akademiese, eweknie-geëvalueerde tydskrifte. Die Emerald eJournals Premier-databasis is ’n omvattende, interdissiplinêre versameling tydskrifte wat die nuutste eweknie-geëvalueerde, internasionale navorsing in gevestigde en opkomende belangstellingsvelde bevat. Kleiner vakversamelings is ook beskikbaar.

Die Emerald/SANLiC-ooreenkoms vir 2025–2027 is ’n transformerende ooptoegangsooreenkoms wat leestoegang bied tot die versameling waarop jou instansie inteken, en wat US-outeurs toelaat om sonder enige koste 'n beperkte aantal artikels met oop toegang in hierdie subskripsietydskrifte te publiseer.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2023 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2026–2028) hernu. Leestoegang tot meer as 70 vakkundige tydskrifte, insluitend die toonaangewende reeks Journal of Physics, is beskikbaar tot so ver terug as 1874. Publikasie in IOP se hibriede en goue ooptoegangtydskrifte is onbeperk.

Addisionele tydskrifte wat ooptoegangpublikasie in 2026 bied:

  • Medical Engineering in Physics (MEP)
     
  • International Journal of Extreme Manufacturing (IJEM)
     
  • Advances in Natural Sciences: Nanoscience & Nanotechnology (ANSN)


Let asseblief daarop dat ’n paar vereniging-tydskrifte bladsykoste hef.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2023 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2026–2028) hernu. Deelnemende instansies het leestoegang tot OUP se volledige 2026-versameling van meer as 370 tydskriftitels, en US-outeurs kan in OUP se hibriede tydskrifte publiseer sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal. Daarbenewens is daar ’n 25% korting van toepassing op die OUP-goue ooptoegangtydskriftitels.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2024 gesluit en is ’n vierjaar-ooreenkoms (2024–2027).

Die Royal Society of Chemistry (RSC) is ’n nie-winsgewende organisasie vir die bevordering van chemiese wetenskappe. Hulle publiseer tydskrifte wat die kern-chemiese wetenskappe dek, asook verwante velde soos biologie, energie en die omgewing, ingenieurswese, materiale, medisyne en fisika. Hierdie ooreenkoms stel US-outeurs in staat om oop toegang te publiseer sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2022 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2025–2027) hernu.

SAGE is ’n onafhanklike akademiese en professionele uitgewer van tydskrifte, boeke en elektroniese media wat ’n wye reeks vakgebiede dek. Die SAGE-SANLiC-ooreenkoms bied toegang tot die SAGE Premier-tydskrifversameling van meer as 1 100 titels en maak dit vir US-outeurs moontlik om gratis met oop toegang in die hibriede titels wat in die SAGE-SANLiC-ooreenkoms gelys is te publiseer.

Volledig ooptoegangtitels: US-outeurs wat in SAGE se lys van Fully (Gold) Open Access journals publiseer, sal 'n 20% korting op die publikasiekoste kry. Klik asseblief hier om die lys van goue ooptoegangtitels te sien. Daar is 'n beperkte aantal uitsonderings waar SAGE kontraktueel verhoed word om hierdie afslag aan te bied. ’n Lys van uitgeslote tydskrife is van die uitgewer beskikbaar.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2023 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2026–2028) hernu.

Instansies wat aan hierdie ooreenkoms deelneem, het leestoegang tot meer as 2 000 subskripsie-tydskriftitels in die ScienceDirect Freedom Collection, en US-outeurs kan hul artikels oop toegang publiseer in hierdie hibriede titels sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal.

Goue/Volledig ooptoegangtitels: Outeurs sal tot middel-2026 ’n 15% korting op volledig ooptoegangtitels ontvang. Vanaf middel-2026 sal Suid-Afrikaanse outeurs baat vind by ’n 55%-afslag op artikelverwerkingskoste (APCs) vir die 475 volledig ooptoegangtitels wat in Elsevier se Geographical Pricing for Open Access (GPOA)-program ingesluit is.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2023 gesluit en vir ’n verdere drie jaar (2026–2028) hernu.

Instansies wat aan die ooreenkoms deelneem, het toegang tot meer as 2 260 subskripsie-tydskrifte in die Springer-, Adis-, Nature Academic- en Palgrave Macmillan-versamelings, en US-outeurs kan hul artikels oop toegang in die hibriede titels publiseer sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal. Nature Research-tydskrifte en alle volledig ooptoegangtydskrifte is egter uitgesluit.

 

Hierdie ooreenkoms is in 2024 gesluit en is ’n driejaar-ooreenkoms (2024–2026).

Instansies wat aan hierdie ooreenkoms deelneem, het leestoegang tot byna 2 000 tydskrifte in die Sosiale en Geesteswetenskappe (SSH) en Wetenskap en Tegnologie (S&T-pakkette). Daarbenewens kan gemagtigde outeurs wat aan ingeskrewe instansies verbonde is, hul artikels oop toegang in alle Taylor en Francis Open Select (hibriede) tydskrifte publiseer sonder om ooptoegangpublikasiefooie te betaal.

 

 

Hierdie ooreenkoms is in 2022 gesluit en vir ’n verdere vier jaar (2026–2029) hernu.

Instansies wat aan die SANLiC/Wiley-ooreenkoms deelneem, het toegang tot meer as 1 400 subskripsie-tydskriftitels wat in die Wiley Online Library gepubliseer word. Die ooreenkoms laat US-outeurs toe om gratis in Wiley se hibriede ooptoegangtydskrifte te publiseer. Indien ’n hibriede tydskrif tussen 2026–2029 na ’n goue ooptoegangtydskrif oorskakel, sal navorsers steeds gratis ooptoegangsartikels in daardie tydskrifte kan publiseer.

 

Vir meer inligting oor die uitgewers, die titels wat kwalifiseer vir ooptoegangpublikasie of riglyne vir indiening:

Kontak ons

Sizwe Ngcobo
Bestuurder: Oop Toegang Akademieskap
+27 21 808 9907