Sitaatanalise
Dienste
Sitaatanalise
Sitaatanalise, ook bekend as bibliometrie, word al meer belangrik vir navorsingsevaluering en die meting van navorsingsimpak. Die Biblioteek teken in op databasisse wat van hulp is met hierdie metings, wat nuttig is vir NRF evaluerings, CV's, onderhoude, evaluerings, ens.
Sitaatverslae
Die volgende is voorbeelde van sitaatverslae wat op aanvraag van die Biblioteek:
- Outeursanalise: Aantal sitasies, h-indeks, artikels wat die meeste aangehaal is
- Artikelanalise: Aantal kere wat 'n artikel aangehaal is, altmetrics (article level metrics)
- Tydskrifanalise: Journal Impact Factor; SJR (SCImago Journal Rank); SNIP (Source Normalized Impact per Paper)
- Analise per fakulteit of departement: Opsomming van sitaatprestasie per fakulteit, departement of navorsingsgroep
Sitaatverslae is beskikbaar op aanvraag van jou fakulteitsbibliotekaris.
Evaluering van navorsingspublikasies (Definisies, bronne vir metings)
Artikelmetings
<< Web of Science
<< Scopus
<< Google Scholar
Outeurmetings
Die h-indeks is in 2005 deur Professor Hirsch ontwikkel en ontwerp om 'n eenvoudige meting te wees wat die uitset van 'n individuele navorser kwantifiseer. Die h-indeks het slegs waarde wanneer dit met ander in dieselfde dissipline vergelyk word. Die drie databasisse wat hierbo genoem word - Web of Science, Scopus en Google Scholar - kan gebruik word om 'n outeur of 'n navorsingsgroep se h-indeks te bepaal.
Tydskrifmetings
<< Journal Citation Reports (JCR)
<< Scopus
<< Google Scholar Metrics
<< Scimago
Altmetrics
Altmetrics (of alternatiewe metings) is ontwikkel om tradisionele metings wat op sitasies van akademiese publikasies gebaseer is, aan te vul. Bewys van sosiale impak word versamel in terme van hoeveel keer in sosiale media na die artikel verwys word, nuusverslae, ens. Altmetric inligting word nou vasgelê in verskeie bronne en dit is ook moontlik om die Altmetrics Bookmarklet af te laai vir individuele gebruik.
Vir meer inligting: