Skip to main content

Innovasieruimte

Die Innovasieruimte verskaf 'n innoverende en stimulerende omgewing vir samewerkende prototipering, innovasie en leer.

 

Dienste en bronne

Vir inligting oor 3D-drukwerk en 3D-skanderingsdienste, toerusting en gereedskap:

 

Daar is vier ontwerpwerkstasies wat 'n area verskaf vir 3D-modelering en stroombaanontwerp, 'n Ontwerpwerkstasie is toegerus met 'n rekenaar met rekenaarondersteunde ontwerpsagteware.

By die vier konstruksiewerkstasies kan met osiloskope gewerk en gesoldeer word. Hierdie area verskaf ook genoeg ruimte vir praktiese werk soos opstelling, stroombaaninspeksie en montering. 'n Konstruksiewerkstasie is toegerus met 'n rekenaar met rekenaarondersteunde ontwerpsagteware.


Leer hoe om die Innovasieruimte se gereedskap en toerusting optimaal te gebruik in ooreenstemming met die  Innovasieruimte se veiligheidsriglyne:


Gebruikers van die Innovasieruimte moet die Innovasieruimte se Beleid en Reëls lees en nakom. Wanneer 'n bespreking gemaak word, word daar ook van die gebruiker van die Innovasieruimte verwag om die bepalings en voorwaardes vir die gebruik van toerusting en sagteware wat op die besprekingsvorm geselekteer is. te aanvaar Hiermee bevestig jy dat jy wel bevoeg is om dit op 'n veilige manier te gebruik.

Waar vind jy ons?

Universiteit Stellenbosch Biblioteek, boonste vloer in kamer 1033 

Wie mag dit gebruik?

Die fasiliteit word deur middel van toegangsbeheer gereserveer vir studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch. Jy benodig 'n geldige studente- of personeelkaart om toegang tot die Innovasieruimte te verkry.

Openingsure:
Sien US Biblioteek Openingsure

Terugvoer: Stuur vir ons jou kommentaar deur van die terugvoervorm gebruik te maak.

 

Kontak ons

Hoof: Innovasieruimte
+27 21 808 9939