Arbeidsreg-kolloquium: Die strewe na gelykheid in die werkplek
Kontakbesonderhede
Die Fakulteit Regsgeleerdheid bied sy jaarlikse arbeidsreg-kolloquium van 30 September tot 2 Oktober aan, met 'n groot aantal kundige sprekers wat op die verskillende dimensies van gelykheid in die werkplek fokus. Die kolloquium begin met 'n openingsessie by die Fakulteit Regsgeleerdheid op die aand van Woensdag, 30 September, gevolg deur verdere sessies by die Stellenbosch Institute for Advanced Study op Donderdag, 1 Oktober, en Vrydag, 2 Oktober. Tydens 'n dinee op Donderdag, 1 Oktober, sal hulde gebring word aan die bydraes van regters Andre van Niekerk en Kate Savage.
Klik hier om te registreer.
Enige navrae kan aan die organiseerders gerig word:
Mev. Candice Williams ([email protected]) of Prof. Christoph Garbers ([email protected])