Skip to main content

Oudisies en Onderhoude

Drama Departement van Universiteit Stellenbosch

Om oorweeg te word vir Stellenbosch Universiteit se Drama Departement, moet jy na Stellenbosch kom vir ’n in-persoon oudisie of onderhoud. 

Oudisies-/Onderhouddatums vir 2027

  • Groep 1: 14 en 15 Augustus 2026 
  • Groep 2: 18 en 19 September 2026  

Geen virtuele oudisies word toegelaat nie. 

Nadat Jy Aansoek Gedoen Het

Jy sal ongeveer drie weke voor jou toegewysde groep ’n e-pos van die Drama Departement ontvang. 

Hierdie e-pos sal jou vra om sekere persoonlike inligting te verskaf en ’n tydgleuf te kies vir jou oudisie (Performance-stroom) of onderhoud (Tegniese en Bestuursopleidingsstroom). 

Applikante vir Tegniese en Bestuursopleiding sal ook ’n kort vraelys moet voltooi wat per e-pos verskaf sal word. 

Oudisies (Performance)

Op die Dag

  • Die oudisieproses word in twee dele verdeel: 
    • Individuele voorbereide materiaal 
    • Onvoorbereide groepaktiwiteite 
  • Kandidate sal in spesifieke groepe ingedeel word, wat elk na verskillende lokale beweeg om die twee fases te voltooi. 
  • Verskeie panele, elk bestaande uit drie personeellede, sal elke kandidaat se individuele oudisie beoordeel. 
  • Ná die individuele oudisies neem alle deelnemers deel aan begeleide groepaktiwiteite. 
  • Kandidate in ’n bepaalde groep mag vertrek nadat die groepaktiwiteite voltooi is. 
  • Die volledige oudisieproses duur ongeveer twee en ’n half uur.  

Wat om voor te berei vir jou oudisie

Jy moet TWEE items voorberei: 

  • ’n 2-minute monoloog OF ’n 2-minute prosastuk 

                                           EN  

  • ’n Gedig van nie langer as 2 minute nie  

Geen selfgeskrewe stukke word toegelaat nie. 

Taalvereistes

  • Een van jou stukke MOET in Engels aangebied word. 
  • Jou tweede stuk kan in Engels of ’n ander taal wees (soos Afrikaans, isiXhosa, ens.). 

Vertoon van Addisionele Talente

  • Indien jy ander talente wil demonstreer, soos sang, dans of die bespeel van ’n musiekinstrument (maksimum 2 minute), is jy welkom om dit te doen. 

Belangrike Punte

  • Kandidate wat nie albei stukke voldoende voorberei nie, sal ongelukkig gediskwalifiseer word. 
  • Trek asseblief gemaklike klere aan waarin jy kan beweeg, verkieslik swart. 
  • Alle kandidate moet 20 minute voor hul aangewese tydgleuf by die Drama Departement aanmeld (geleë op die hoek van Andringa- en Crozierstraat, Stellenbosch). Let daarop dat parkeerplek in die dorp beperk is, so beplan genoeg tyd om parkering te kry. 
  • Die paneel se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 

Onderhoude (Tegniese en Bestuursopleiding)

  • Die onderhoude vir Tegniese en Bestuuropleiding vind persoonlik plaas by die Drama Departement van Stellenbosch Universiteit. 
  • Verskillende panele, elk bestaande uit 2 personeellede, sal die onderhoude fasiliteer. 
  • Elke sessie (maksimum 3 kandidate) duur 30 minute. 
  • Daar kan van jou verwag word om ’n kort praktiese oefening te doen om jou potensiaal vir die kursus te demonstreer. Instruksies hiervoor sal tydens jou tydgleuf gegee word. 
  • Ná jou tydgleuf is jy vry om te vertrek. 

Vrae?

  • As jy vrae het, kontak gerus
  • Me Brenda Chordnum (Algemene kantoor: Drama) 

    Kantoor: 1002  

    Telefoon: 021 808 3216  

    E-pos: [email protected]