Skip to main content

Ysteraanvullingabsorpsie bewaar in kinders met MIV en versterk deur prebiotika

Nuwe navorsing toon dat yster in aanvullings en gefortifiseerde voedsel goed geabsorbeer word in kinders wat met viraal onderdrukte MIV leef. Die toediening van ysteraanvullings met prebiotika kan hul doeltreffendheid en veiligheid verbeter. Hierdie navorsing is die mees omvattende ontleding tot op hede van ystermetabolisme in kinders wat met viraal onderdrukte MIV leef.

Tygerberg-SU chirurge eerste om nuwe ledemaatrekonstruksie in Suid-Afrika uit te voer

'n Span ortopediese chirurge by Tygerberg Hospitaal het onlangs 'n Suid-Afrikaanse eerste behaal toe hulle 'n innoverende ledemaatrekonstruksie-operasie uitgevoer het wat slegs 'n paar keer in die wêreld gedoen is. Die span chirurge het 'n Fitbone Transport Nail (Fitbone TLN) op 'n 64-jarige voormalige polisiebeampte ingeplant wat in 2018 'n skietwond aan sy regterfemur opgedoen het. Die chirurgiese span is gelei deur professor Nando Ferreira, hoof van die kliniese eenheid: Tumor, Sepsis en Rekonstruksie, het ook dr Edward Fuzy, dr Jayesh Haribhai en dr Tino-Vito Orlandi ingesluit.

Infeksie siektes-spesialis aangestel as BMNI-direkteur

Infeksie siektes-spesialis, prof Jean B. Nachega, is aangestel as vol professor in Infeksie Siektes en deeltydse Direkteur van die Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI). Nachega was voorheen van 2008 tot 2018 die stigtersdirekteur van die Fakulteit se Sentrum vir Infeksie Siektes. As direkteur sal sy rol fokus op die vorming van die BMNI se langtermynvisie, die bevordering van samewerking oor dissiplines heen en die bou van vennootskappe wat die instituut se wetenskaplike en maatskaplike impak uitbrei.

Van der Zalm ontvang EDCTP se Vroulike Wetenskaplike Leierskapsprys vir Afrika suid van die Sahara

Marieke van der Zalm, medeprofessor in Pediatrie en Kindergesondheid van die Desmond Tutu Tuberkulosesentrum, is vanjaar se ontvanger van die Vroulike Wetenskaplike Leierskapsprys vir Afrika suid van die Sahara. Die prys word toegeken deur die Europese en Ontwikkelende Lande Kliniese Proewe Vennootskap (EDCTP). In 2017 het sy 'n vroeë loopbaangenootskap van die EDCTP ontvang om die korttermyn-impak van TB op longgesondheid by kinders te ondersoek.

Nuwe Mej SA en US-alumna is passievol oor opvoeding en spraakterapie

Spraakterapeut en Universiteit Stellenbosch (US) alumna, Qhawekazi Mazelani, is onlangs as die nuwe Mej Suid-Afrika gekroon. Nou is sy op 'n missie om van Suid-Afrika se grootste uitdagings aan te pak.

HeartWorks: Beeldende kunste en biomediese studente bedink die menslike hart

Die ‘HeartWorks: Science Meets Art’ -uitstalling is in September by die Geneeskundige Morfologie-leersentrum op die US se Tygerbergkampus gehou. Die uitstalling, wat deur die Sentrum vir Kardiometaboliese Navorsing in Afrika georganiseer is, het 'n beroep gedoen op beeldende kunste- en biomediese studente om saam te werk om die hart in al sy vorme en funksies “kreatief te bedink”. Die doel van dié oefening was om “sowel wetenskaplik as emosioneel” oor die hart te besin.

E2D-samewerking verseker dat die beste bewyse besluitneming vir gesondheidsorg-beleid inlig

Die E2D-samewerking het ten doel om kapasiteit vir besluitneming oor gesondheid en maatskaplike sorg te ondersteun en te bou. Die projek sal tydige en reagerende bewyse vir doeltreffende en billike gesondheidsdienste en -stelsels lewer.

Stigma steeds die stille krisis van geestesgesondheid

Stigma rondom geestesiektes is steeds diepgewortel. Individue wat met geestesgesondheidstoestande leef staar steeds misverstande, marginalisering en uitsluiting in die gesig. Diskriminasie hou werklike gevolge in vir mense wat met 'n geestesongesteldheid leef. Individuals living with mental health conditions continue to face misunderstanding, marginalisation, and exclusion. Discrimination carries real world consequences for people living with a mental illness

Theewaterskloof InReach: Multisektorale samewerking bring noodsaaklike dienste aan landelike gemeenskappe

Verlede week het vennote van die regering, universiteite en die openbare en private sektore op die Theewaterskloof-subdistrik toegesak om gesondheids-, welstands- en noodsaaklike dienste aan landelike gemeenskappe te lewer. Die driedaagse InReach, wat van 25 tot 27 September gehou is, het gesondheidsorgpersoneel, akademici en nie-regeringsorganisasies bymekaargebring om noodsaaklike gesondheidsdienste, onderwys en infrastruktuurondersteuning regoor Caledon, Grabouw en Knoflokskraal te bied. Die inisiatief, gelei deur die Universiteit Stellenbosch (US) in vennootskap met die Wes-Kaapse Regering: Gesondheid en Welstand, het gesondheidswetenskappe- en ingenieurstudente van die US, tandheelkundige gesondheidskundiges en studente van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), en studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) ingesluit.

New study highlights role of fathers’ drinking in foetal alcohol spectrum disorder

It's a well-known fact that foetal alcohol spectrum disorder (FASD) in children is caused by mothers who drink during pregnancy. A team of international researchers — including contributors from Stellenbosch University (SU) — found that a father's alcohol use may have a small but direct negative impact on a child's development by the age of seven. A father's drinking contributes to the harm caused by alcohol use during pregnancy.
Subscribe to