Skip to main content

Prof Chegou verkies tot genoot van Afrika Akademie vir Wetenskappe

Prof Novel Chegou is verkies tot 'n genoot van die Afrika Akademie vir Wetenskappe (AAS). Die portuuroorsigproses neem uitnemendheid in publikasies, innovasies, leierskapsrolle en bydraes tot beleid en die samelewing in ag. Chegou doen tans hoofsaaklik navorsing wat daarop gemik is om biomerkers te ontdek en te valideer wat verder ontwikkel kan word in instrumente om tuberkulose te bestuur.

Studie toon rol van serotonienabnormaliteite by wiegiesterftes

Wiegiesterftes, ook bekend as skielikesuigelingsterftesindroom (SIDS), is ʼn bron van groot hartseer en die oorsake daarvan is dikwels moeilik medies te verklaar. Bevindings van die Safe Passage-studie werp nuwe lig op hierdie sindroom deur die belangrike rol uit te lig van serotonienabnormaliteite in die breinstam in SIDS-gevalle. Dit manifesteer veral as gevolg van moederlike en voorgeboortelike stres by moeders in hoërisiko-populasies.

Desmond Tutu TB-sentrum vereer met internasionale openbare gesondheidstoekenning

Die Desmond Tutu TB-sentrum is onlangs bekroon met die 2025 Karel Styblo Union se openbare gesondheidsprys. Die sentrum het die prys ontvang ter erkenning van sy werk en impak op TB-beheer oor die afgelope dekade. Die prys erken dat die DTTS se werk 'n tasbare verskil in Suid-Afrika en regoor die wêreld gemaak het, het prof Anneke Hesseling, direkteur van die DTTS, gesê.

Twee FGGW-professors sluit aan by akademie van uitstaande wetenskaplikes

Prof Faadiel Essop en Prof Sian Hemmings is as lede van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika ingehuldig. Prof Faadiel Essop is Direkteur van die FGGW se Sentrum vir Kardio-metaboliese Navorsing in Afrika en Prof Sian Hemmings is die Adjunkdirekteur van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad/Universiteit Stellenbosch Genomika van Breinsiektes Buitemuurse Navorsingseenheid. Die hoofdoelwit van ASSAf met die inhuldiging daarvan in 1996 was om die beste wetenskaplike denkers in die land bymekaar te bring in diens van die samelewing.

US ken graad aan een van jongste dokters in SA toe

Die 21-jarige David Obagbuwa sal op 11 Desember een van die jongste dokters word om in Suid-Afrika te kwalifiseer wanneer ʼn MBChB-graad van die Universiteit Stellenbosch aan hom toegeken word. Obagbuwa het sy mediese studies op die bloedjong ouderdom van 15 begin.

Baanbrekende Life Pod behaal eerste suksesvolle orgaanskenking

Die Life Pod by Tygerberg-hospitaal het onlangs sy eerste orgaanskenker gehuisves. Dit was die eerste postume multi-orgaanskenking in meer as twee jaar is deur Tygerberg-hospitaal gefasiliteer. Baie werk is nog nodig om bewustheid van orgaanskenking te verhoog.

Nuwe bewyse betwis die voordeel van kalsiumaanvullings tydens swangerskap vir die voorkoming van pre-eklampsie

Navorsers van die Universiteit Stellenbosch het sterk bewyse uit groot proewe gevind wat toon dat kalsiumaanvulling tydens swangerskap nie die risiko van pre-eklampsie verminder nie. Hierdie bevinding daag langdurige aannames oor die rol van kalsium in die voorkoming van hipertensie-afwykings tydens swangerskap uit. Pre-eklampsie is 'n lewensgevaarlike toestand wat vroue in die tweede helfte van hul swangerskap kan aantas.

Stemme van oorlewendes versterk by 16 Dae van Aktivisme-geleentheid

Die US se Co-Create Health Hub het kragte saamgesnoer met Aurorah Kuilsrivier Gemeenskap Aksienetwerk om 16 Dae van Aktivisme te vier met 'n geleentheid wat die stemme van oorlewendes van geslagsgebaseerde geweld (GBV) versterk. Die geleentheid het ʼn platform gebied aan oorlewendes wat hul geskrewe stories, gedigte en refleksies oor GBV gedeel het, alles met die doel om standpunt in te neem teen GBV. Die hoogtepunt van die geleentheid was die bekendstelling van 'n boek getiteld The Horror of Trust, wat die stories van GBV-oorlewendes bevat en aksie daarteen inspireer.

Langtermynstudie toon omvang van sinergie tussen alkohol- en nikotiengebruik op babasterftes én lewensvooruitsigte van oorlewendes

Die omvang van die impak van die gekombineerde gebruik van alkohol en nikotien, sowel as ander dwelms, tydens swangerskap word nou eers duidelik, danksy die Safe Passage-studie. Die sinergie tussen gekombineerde middelgebruik dra by tot groot probleme later in die lewe soos diabetes, metaboliese sindroom en hoë bloeddruk, wat gekoppel is aan hartaanvalle en beroertes later in die lewe. Swak sosio-ekonomiese toestande is belangrike risikofaktore vir gekombineerde middelgebruik.

Studie beproef diagnostiese akkuraatheid van WGO-algoritmes vir TB in kinders

In 2023 het 1,2 miljoen kinders na raming siek geword met TB, maar minder as die helfte het behoorlike diagnose en behandeling ontvang. Om hierdie diagnostiese gaping aan te spreek, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) in 2022 Behandeling Besluitnemingsalgoritmes (BBA's) bekendgestel. 'n Nuwe internasionale studie, gepubliseer in PLOS Medicine, bied die eerste grootskaalse eksterne validering van hierdie WGO-algoritmes.
Subscribe to