Skip to main content

Globale Gesondheid, Openbare Gesondheid, en Gesondheidstelsels

Die Eenheid vir Navorsing oor Gesondheid en die Samelewing

Die hoofdoel van die RHS is om navorsing te doen oor gemeenskaps-, sosiale, gedrags- en menslike aspekte van gesondheid om die gesondheidstatus van alle Suid-Afrikaners te verbeter en by te dra tot kennis en begrip van openbare gesondheids- en sosiale ontwikkelingsprobleme internasionaal.

Die Sentrum vir Bewys-gebasseerde Gesondheidsorg

Die doelwitte van die sentrum is drieledig. Eerstens is dit daarop gemik om bewys-gebasseerde gesondheidsorg op voorgraadse en nagraadse vlak van alle gesondheidsorgpersoneel te ontwikkel, te onderrig en te bevorder. Tweedens is dit daarop gemik om die nodige ondersteuning en hulpbronne aan gesondheidsorgpersoneel te bied om die hoogste standaarde van gesondheidsorgpraktyk te handhaaf. Derdens is dit daarop gemik om die gebruik van beste bewyse deur die regering, nie-regeringsorganisasies en die privaatsektor in gesondheidsorgbeleid en -praktyke te verbeter.

 

Die Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg

Die Afdeling Huisartskunde is die afdeling wat verantwoordelik is vir die holistiese mediese sorg van individue binne die konteks van hul families en die gemeenskap. Die afdeling plaas klem op 'n pasiëntgesentreerde benadering tot primêre sorg in sy onderrig, gebaseer op 'n stewige fondament van biomediese wetenskap en kliniese vaardighede.

Die navorsingsaktiwiteite van die afdeling fokus op die ontwikkeling van gehalte primêre sorg binne 'n distriksgesondheidstelsel, en om innoverende onderrigmetodes in die gesondheidswetenskappe te ontwikkel.


Die Sentrum vir Geneeskundige Etiek en die Reg​

Die Sentrum vir Geneeskundige Etiek en Reg is betrokke by voorgraadse bio-etiekonderrig, nagraadse bio-etiekonderrig, empiriese navorsing oor bio-etiese kwessies en konsultasiedienste aan omliggende hospitale.

Medical professional assisting a patient