
Wen ʼn Tablet tydens US Opedag!
27 Januarie 2016
Op Saterdag, 27 Febuarie van 08:30 – 16:00 gaan sowat 8 000 tot 10 000 Graad 11/12 leerders, hul ouers en onderwysers stroom na Stellenbosch en Tygerberg-kampus vir die jaarlikse Opedag. Om jou opgewonde te kry gaan ons 'n Tablet weggee aan ʼn personeellid! Om in te skryf moet jy 'n selfie neem op die dag, dit op Facebook of Twitter laai met die hashtag #SUOpenDay / #USOpedag. Meer inligting oor die kompetisie en pryse sal voorsien word in die volgende Boschtelegram.
Moenie uitmis op die Opedag opwinding nie! Sien jou daar!
Vir meer inligting oor die Opedag besoek www.maties.com of kontak die Sentrum vir Studentewerwing by 021 808 2371 / [email protected].