
Vyf USB-programme hoog op Eduniversal se ranglys
09 Februarie 2016
Die USB se MBA (Voltyds en Deeltyds), MPhil in Ontwikkelingsfinansies, MPhil in Bestuursafrigting en Nagraadse Diploma in Leierskapsontwikkeling, is hoog geplaas in die 2015/2016 Eduniversal-ranglys.
Eduniversal is 'n jaarlikse ranglys van bestuurskole en universiteite in meer as 150 lande.
“Hierdie prestasies is die resultaat van harde werk deur al die betrokkenes,” sê prof Charles Adjasi, USB-programhoof: Ontwikkelingsfinansies.