Skip to main content
Verklaring deur die Universiteit Stellenbosch

Verklaring deur die Universiteit Stellenbosch

Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
19 Februarie 2023

Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) vergader van tyd tot tyd met persone in die diplomatieke korps. Sulke vergaderings is suiwer akademies van aard ten einde moontlike gebiede van akademiese en navorsingsamewerking op voetsoolvlak te verken.

Daarom het die US se Rektor en Visekanselier dit in sy vergadering met die Russiese Konsul-Generaal verlede Vrydag beklemtoon dat samewerking onmoontlik is vanweë die huidige geo-politieke omgewing. Die US is ten sterkste gekant teen Rusland se inval in Oekraïne. Die Universiteit herhaal sy onvoorwaardelike verbintenis tot menseregte en sy sterk veroordeling van enige skending van sulke regte, met inbegrip van dade van inval en oorlogvoering.

Die US ondersteun akademiese vryheid en is 'n internasionaal erkende akademiese instelling wat daarop toegespits is om kennis in diens van die samelewing te skep.​