
Vensters 2016 wil mense nader aan mekaar bring
Stellenbosch gaan weer gons wanneer duisende besoekers van regoor die Skiereiland môreaand (Vrydag 29 Januarie) op die dorp toesak om die immergewilde Nedbank Vensters by die Universiteit Stellenbosch (US) te kom geniet.
Vensters is ʼn hoogtepunt van die aktiwiteite van MAD², ʼn studente-gedrewe fondsinsamelingspoging ten bate van Maties Gemeenskapsdiens (MGD).
Kleurvolle vertonings deur nuwelingstudente word van 17:00 tot 21:30 in 10 minuut-intervalle regoor die Stellenbosch-kampus aangebied. Vir hierdie kleurvolle geleentheid span koshuispare saam om gehore te beïndruk met innoverende en kreatiewe storielyne en danspassies.
Toegangsbandjies kos R20 en is beskikbaar by enige van die vertonings.
Van 21:00 word ʼn musiekfees op die grasperk voor die Wilgenhof koshuis in Victoriastraat aangebied waar die aankondiging van die 2016 wenners kort voor middernag, sal plaasgevind .
Volgens Daniele Bezuidenhout, Voorsitter van MAD², is die tema van vanjaar se Vensters "Connected". "In 'n wêreld waarin die jonger generasies danksy tegnologie voortdurend 'n oorweldigende bank van kennis en inligting tot hul beskikking het, hoop ons om geïnspireerde interpretasies van die tema te sien," sê sy.
Vir meer inligting rondom strate wat tussen 17:00 en 23:00 gesluit sal word, parkeer reëlings en die verskillende plekke waar koshuispare sal optree, klik hier. (Inligting is verskaf deur die Vensters reëlingskomitee.)
- Vir navrae oor Vensters skakel die MAD2-kantoor by tel 021 808 3632 of stuur 'n e-pos na [email protected] .