Skip to main content
USB verwelkom nuwe bestuurder van Loopbaandienste

USB verwelkom nuwe bestuurder van Loopbaandienste

Amber Kriel
12 April 2016

​Janine Truter, ʼn geregistreerde bedryfsielkundige, het voorheen vir die Shoprite-groep gewerk voordat sy op Vrydag, 1 April by die USB as die nuwe Loopbaandienstebestuurder begin werk het.

Oor haar planne vir die Loopbaandienstekantoor, sê sy: "Ek wil die Loopbaandienste meer sigbaar vir studente maak; hierdie dienste moet vir hulle waarde toevoeg. Ek wil hul behoeftes identifiseer sodat ons vir hulle ʼn gepaste diens kan lewer."

Sy voeg by: "Relevante artikels en inligting moet vir die studente beskikbaar wees en hopelik kan die Loopbaandienste in die toekoms uitbrei sodat die studente elk ʼn adviseur of mentor kan hê wat saam met hulle die pad stap om hulle deurlopend op hul beroepsreis te ondersteun."