Skip to main content
USB: Spesiale Alumni-Belangegroep vir Toekomsstudies ‘versterk die ITN se strategie’

USB: Spesiale Alumni-Belangegroep vir Toekomsstudies ‘versterk die ITN se strategie’

Heindrich Wyngaard
10 Mei 2016

​Die amptelike bekendstelling van die Spesiale Alumni-Belangegroep vir Toekomsstudies vir alumni van die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB) se Toekomsstudies-programme het verlede Vrydag by die USB plaasgevind.

Die geleenthed is bygewoon deur alumni, onder wie die tussentydse voorsitter van die spesiale belangegroep, Thys Pretorius, en die USB se Alumni-bestuurder, Christelle Cronjé. xDie USB se Bemarking- en Kliënteskakelingdirekteur, dr Marietjie Theron-Wepener, en die Instituut vir Toekomsnavorsing (ITN) se direkteur, dr Morne Mostert, het ook die geleentheid bygewoon.

Die tussentydse komitee van die Spesiale Alumni-Belangegroep vir Toekomsstudies bestaan uit Pretorius, Michael Lee, Charlene Mulder, Imke de Kock, Boy Janse van Rensburg, Samantha Diedericks, Deborah Spicer, Charl Harding en Isaac Nkama.

Dr Mostert sê die grootste waarde van die stigting van hierdie groep is opgesluit in die stukrag wat dit aan die verhouding tussen die ITN en alumni bied. Die ITN is die enigste instelling van sy soort op die Afrika-vasteland, daarom het die vasteland 'n beperkte aantal futuriste.

 "Ons het 'n groot getal hoëprofiel-alumni wat leidende denkers in sake en die samelewing is," sê dr Mostert.

Hy sê ook Toekomsstudies-alumni onderskei hulself deur die vars perspektiewe en wye reeks moontlikhede wat hulle bied  om risiko te kan voorspel en om  toegang tot geleenthede te kry.Die rede agter die groep, vanuit die ITN se sakeperspektief, is om 'n platform te skep om groter blootstelling aan die Instituut se kliënte te gee.