
USB Coffee Shoptalk | Kleinsakeakademie (SBA)
In 2012 het prof Russel Botman, wat toe Rektor van die Universiteit Stellenbosch was, die USB-Kleinsakeakademie (SBA) bekend gestel. Nou, vier jaar later, is hierdie sosiale inisiatief goed gevestig en dit word erken vir die verskil wat dit in die lewens en sakeondernemings van kleinsake-eienaars van lae-inkomste gemeenskappe maak. Sluit by ons aan vir hierdie spesiale Coffee Shoptalk waar dr Marietjie Theron-Wepener, hoof van die SBA, terug kyk na die oorsprong van die SBA en Luvuyo Rani, uitvoerende hoof van Silulo Ulutho Technologies en stigterslid van die SBA, die belangrikheid van die SBA in Wes-Kaapse gemeenskappe bespreek. Edith Kennedy, bedryfsbestuurder van die SBA, praat oor die mentorskapprogram deur alumni wat die hoofkomponent van die SBA-ontwikkelingsprogram is. ’n SBA-gegradueerde, Rushana Charles, direkteur van die Little Mermaids Swim School in Strandfontein, deel haar storie oor hoe die SBA gehelp het om haar sakeonderneming en leierskapvaardighede te verbeter. Twee van die huidige SBA-deelnemers sal produkte verkoop, so ondersteun asseblief die Department of Coffee en Thembile’s Bakery.
Meer inligting by http://www.usb.ac.za/Pages/Ev…;