
US Woordfees bekroon beste produksies en kunstenaars
Die Stellenbosch Universiteitskoor het weer 'n prys ingepalm – dié keer het die koor die WoordTROfees-prys ontvang vir sy optrede tydens die US Woordfees in Maart. Dié prys is aan die koor toegeken in die kategorie vir vokale klassieke musiek.
In Februarie het die US Koor ook 'n Fiësta-toekenning ontvang vir sy optrede op 2015 se US Woordfees.
Die sewende jaarlikse WoordTROfees, waarmee die US Woordfees sy beste produksies en kunstenaars bekroon, is Maandagaand (18 April) tydens 'n geleentheid by die Stellenbosse Stadsaal gehou. Die akteurs Marlo Minnaar en Esther von Waltsleben het as seremoniemeesters opgetree en vermaak is deur Yvonne Chaka Chaka en die Young Caballeros-koor van Kaapstad verskaf.
Die volledige lys wenners is as volg:
Toneel, Beste Speler: Andrew Buckland – Tobacco and the Harmful Effects Thereof
Toneel, Beste Byspeler: Rob van Vuuren – A Doll's House
Toneel, Beste Regisseur: Christiaan Olwagen – A Doll's House
Toneel, Beste Produksie: A Doll's House
Woordkuns: Praat van die Duiwel – Johann Nel en Juanita Swanepoel
Kontemporêre Musiek, Solo: Yvonne Chaka Chaka – The Princess of Africa
Kontemporêre Musiek, Groep: Kô, lat ons sing!
Klassieke Musiek, Vokaal: Stellenbosch Universiteitskoor onder leiding van André van der Merwe
Klassieke Musiek, Instrumentaal: Ben Schoeman – Schoeman in Konsert
Visuele Kuns: Lien Botha – Wonderboom
Opkomende Kunstenaar: Francois Knoetze
Deurbraak: The Banquet: The Room of Dreams – Ju-Ju Domingo en Lucas Heinen
Gewildste Boek, Prosa: Bly – US Woordfees 2016
Gewildste Boek, Leefstyl: Kook saam Kaaps – Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker
Gewildste Boek, Poësie: Hammie – Ronelda S. Kamfer
Woordfees Helde: Dawid en Henk Fourie
WOW Opvoeder van die Jaar: Antonia du Toit
WOW Skool van die Jaar: Strand Sekondêre Skool
'n Paneel van kundige beoordelaars het vir die benoemdes en wenners in elke kategorie gestem. Die boekpryse word bepaal deur die beste boekverkope tydens die Woordfees by die ATKV-boekwinkel op die terrein.
Die US Woordfees 2017 word van 3 tot 12 Maart 2017 op Stellenbosch aangebied.