Skip to main content
US-studente gekies vir gesogte leierskapsprogram

US-studente gekies vir gesogte leierskapsprogram

Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
01 Junie 2016

Vyf Maties sal binnekort na Washington vertrek om aan 'n gesogte internasionale leierskap ontwikkelingsprogram deel te neem.

Die program, die Suid-Afrika-Washington Internasionale Program (SAWIP), is 'n inisiatief van die Washington-Ierland Program vir Diens en Leierskap (WIP) en is daarop gemik om 'n nuwe generasie van etiese Suid-Afrikaanse diensleiers te inspireer, ontwikkel en ondersteun.

Busiswa Sobahle, Shane Sass, Danelle Jansen van Rensburg, Dewald Muller en Wawa Nkosi is deel van 'n groep van 20 studente van Suid-Afrika om deel te neem aan hierdie ses weke lange program van blootstelling aan verskeie leiers en die voltooiing van 'n intense leierskapskurrikulum. Hulle vertrek op 12 Junie 2016.

SAWIP is daarop gemik om ontluikende leiers te kweek om 'n aktiewe bydrae te lewer tot sosiale en ekonomiese transformasie en geregtigheid binne 'n volhoubare demokrasie vir alle Suid-Afrikaners. Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu en wêreldbekende scenariobeplanner, Clem Sunter is beskermhere van die program.

Altesaam 123 studente in Suid-Afrika het reeds die program, wat amptelik deur die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en die Amerikaanse regering onderskryf word, voltooi.

Klik hier vir meer oor Shane en Busiswa.

Foto: Vyf US-studente is gekies is om aan die Suid-Afrika-Washington Internasionale Program deel te neem. Die program is daarop gemik om 'n nuwe generasie van etiese Suid-Afrikaanse diensleiers te inspireer, ontwikkel en ondersteun. Van links is Busiswa Sobahle, Danelle Jansen van Rensburg, Shane Sass (links) en Busiswa Sobahle, twee van die vyf US-studente wat gekies is om aan die Suid-Afrika-Washington Internasionale Program deel te neem. Die ander studente is Danelle Jansen van Rensburg, Wawa Nkosi en Dewald Muller.