Skip to main content
US LaunchLab kondig aan: Universiteit Stellenbosch IdeaSmash 2020 Aandag alle Universiteit Stellenbosch studente: Kom stel julle besighede en idees bekend by die US se IdeaSmash 2020 en staan ‘n kans om ‘n deel van R60 000 te wen.

US LaunchLab kondig aan: Universiteit Stellenbosch IdeaSmash 2020 Aandag alle Universiteit Stellenbosch studente: Kom stel julle besighede en idees bekend by die US se IdeaSmash 2020 en staan ‘n kans om ‘n deel van R60 000 te wen.

Innovus
05 Februarie 2020

​Die Nedbank Universiteit Stellenbosch LaunchLab, in samewerking met die kantoor van die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse studies, is op soek na US studente met innoverende besigheidsidees uit verskeie studierigtings wat 'n impak sal maak op ons land en gemeenskap.

IdeaSmash is die Universiteit Stellenbosch se interne rondte van die  Entrepreneurship Development in Higher Education Intervarsity Programme 2020. Die wenners van IdeaSmash sal op nasionale vlak deelneem en die Universiteit verteenwoordig by die Nasionale Entrepreneurship Intervarsity vir 2020 (EDHE).  

Die LaunchLab is bekroon as UBI Global (die Stockholm-gebaseerde intellegensiemaatskappy en gemeenskap) se top uitdager vir 2019 en 2020. IdeaSmash is 'n geleentheid vir US studente om deel te word van die LaunchLab se inkubator-program wat vir hulle die geleenthede gee wat hulle nodig het om hul eie besighede te begin en te laat groei. Studente kan hulle konsepte bekragtig of hul tegnologiese aanbiedinge aan die mark verbeter. LaunchLab sal studente help om hul waardevoorstelle te bekragtig en ontdek wie hulle kliënte is deur 'n benadering te volg wat eie is aan die oprig van nuwe besighede.

Cassidy de Wet, verlede jaar se wenner van IdeaSmash en die stigter van  Tjaarge Electric Skateboarding sê: “Ek het in die afgelope ses maande twee keer meer elektriese skaatsplanke verkoop deur deel te wees van die LaunchLab as wat die geval was toe ek nog op my eie was. Dit is vir enige nuwe besigheid uiters belangrik om deel te wees van die LaunchLab-gemeenskap."

IdeaSmash se wenners kry die volgende voordele:

  • 'n Gedeelte van die R60 000-prysgeld;
  • 'n Sertifikaat van erkenning van die Kantoor van die Vise-rektor vir Navorsing en Innovasie;
  • Inkubasie-ondersteuning van die LaunchLab;
  • 'n Inskrywing om deel te neem aan die EDHE Nasionale Intervarsity Program

Die kategorieë vir deelname is soos volg:

  • Besigheidsidees
  • Bestaande besigheid – Tegnologie
  • Bestaande besigheid – Sosiale impak
  • Bestaande besigheid – Algemeen

Die beoordelingskriteria is:​

  • Is die besigheidsmodel duidelik en finansieël haalbaar?
  • Is die besigheid al in die mark getoets?
  • Wie is die teikenmark en hoe is die besigheid geposisioneer om die teikenmark te bereik?
  • Hoe verskil die besigheid van sy mededingers?
  • Is die besigheidsgeleentheid realisties bereikbaar?

IdeaSmash is the ideale geleentheid vir US studente om hulle besigheidsidees 'n werklikheid te maak. Om in te skryf, voltooi asseblief die EDHE-vorm op die LaunchLab se webtuiste:

 https://launchlab.co.za/stellenbosch-university-ideasmash

Die sperdatum vir inskrywings is Maandag, 2 Maart 2019

Meer oor die Nedbank Universiteit Stellenbosch LaunchLab

LaunchLab is die Universiteit Stellenbosch se besigheidsinkubator. Dit is opgerig as 'n platform waarop nuwe besighede gereed gemaak word om op hul eie bene te staan. Jong besighede word ook hier geïnkubeer binne ekosisteem en vennootskap van netwerke met ander Universiteite in Suid-Afrika. Vir meer inligtng, besoek www.launchlab.co.za

Vir meer inligting, kontak:

Helen Fortuin

Tel:+27 21 8089494                                                                         Epos: [email protected]

Webtuiste: www.launchlab.co.za​