
Universities South Africa herbevestig hul verbintenis tot die toeganklikheid van universiteite
Universities South Africa (USA) het hul verbintenis herbevestig om Suid-Afrikaanse universiteite te transformeer en dit ook meer toeganklik aan studente te maak. In 'n gesamentlike verklaring, wat deur 26 hoofde, rektors en vise-kanseliers uitgereik is, is daar ook 'n oproep gedoen vir genoegsame geldelike steun sodoende alle akademies kwalifiserende studente toe te laat om aansoek by universiteite te kan doen.
"Ons glo dat 'n gehalte hoëronderwysstelsel noodsaaklik is om 'n demokraties,nie-rassige, nie-seksistiese en ekonomiese en sosiaal ingeslote samelewing daar te stel."
USA het ook hul waardering uitgespreek vir die werk van die presidensiële taakspan, wat onlangs aangestel was om finansiële uitdagings by universiteite te ondersoek, en verwelkom die president se aanvaarding van dié taakspan se aanbevelings.
Klik hier vir die volledige verklaring.