Skip to main content
Skenk jou ou klere vir #Streetstore Maties

Skenk jou ou klere vir #Streetstore Maties

Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
21 April 2016

Maties SR samel ou klere om 'n #Streetstore op Woensdag 27 April op Stellenbosch-kampus aan te bied.

#Streetstoe is 'n wêreldwye klere insamelveldtog om klere aan behoeftiges en haweloses te kan gee. Die tendens het in Kaapstad begin het het reeds tot meer as 400 stede in die wêreld uitgebrei.

#Streetstore is 'n 'opspring-stalletjie' waar geskenkte klere netjies vertoon en uitgehang word asof dit in 'n klerewinkel is. Behoeftige lede van die gemeenskap word na die dag van die #Streetstore-winkel genooi, waar hulle sélf vir hulle klere kan uitkies.

"In plaas daarvan om net 'n sak ou klere aan iemand te oorhandig, wat dit heel moontlik nie eers kan dra nie, wil ons hê hulle moet op 'n waardige manier sélf kies wat hulle nodig het," sê Nathan Daniels, SR: Sosiale Impak.

"Hierdie is dikwels die naaste wat baie van ons kliënte ooit aan 'n klere inkopie-ervaring kom."

Nathan sê die #Streetstore Maties kan slegs 'n sukses wees as personeel en studente 'n bydrae maak.

"Ons soek alle soorte en groottes klere – dames-, mans- en kinderklere. Skenk asseblief jou ou klere by een van die verskeie versamelpunte of die SR-kantore."

Versamelpunte is by die Tygerberg- en Neelsie studentesentrum en ook by koshuise.

Vir meer inligting, kontak asseblief vir Nathan Daniels by 0837334432 of [email protected].