
Situasieskrif en NEK-riglyne oor navorsing te midde van COVID-19
Beste kollegas en studente Ons verwag dat COVID-19 wyd en vinnig onder gemeenskappe in Suid-Afrika sal versprei. In pas met die aanbeveling oor die beoefening van sosiale afstandskepping wil ons die gevaar van virusoordrag beperk in navorsingskantore en -laboratoriums, op navorsingsterreine, en in studieverband waar navorsingsdeelnemers en -personeel, studente en ander werknemers vir navorsingsdoeleindes byeenkom. Alle voorsorgmaatreëls om oordrag te voorkom en gevaar te verlaag moet dringend in werking gestel word, en ons moedig navorsers aan om in die gees van 'n “etiek van verantwoordelikheid" op te tree. Die beperking van COVID-19-infeksie en die beskerming van die welstand van navorsingsdeelnemers en -personeel, studente en ander werknemers behoort nou voorrang te geniet. Navorsingsbedrywighede waar mense vir studiedoeleindes byeenkom, hou 'n gevaar van COVID-19-oordrag na navorsingsdeelnemers en -personeel, studente en ander werknemers in navorsingsomgewings in. Die aard van data-insameling op sigself hou byvoorbeeld 'n risiko in omdat navorsingsdeelnemers en -personeel, studente en ander werknemers in dieselfde kantoor of laboratorium moet werk of openbare vervoer moet gebruik om by die studieterrein te kom. Boonop kan die insameling van studiemonsters ook die virus laat versprei. Derhalwe beveel ons aan dat elke navorsings- of studieterrein die volgende maatreëls tref:
Hierdie aanbevelings word gedoen met die huidige stand van sake in gedagte. Die huidige bedreiging van die COVID-19-pandemie in Suid-Afrika sal waarskynlik verander/vererger, en die moontlikheid of gebeurlikheid van 'n inperking in die Wes-Kaap is nie uitgesluit nie. In geval van 'n inperking sal die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie bygewerkte kommunikasie uitreik. Raadpleeg asseblief die ingeslote dokumente (of klik op die skakels hieronder) vir vollediger riglyne en vereistes van die Universiteit Stellenbosch se:
Ons besef dat u navorsing nou moontlik aan etlike bykomende onsekerhede onderworpe is – veral omdat internasionale samewerking en menslike interaksie die grondslag van verskeie navorsingsprojekte by ons instelling uitmaak. Ons het opregte waardering vir alle maatreëls wat ons navorsingsgemeenskap reeds getref of voorberei het. Let asseblief daarop dat dit navorsingsprojekleiers se verantwoordelikheid is om kontak te bewerkstellig met hulle finansiers, navorsingsvennote en -medewerkers, nagraadse studente, nadoktorale genote, navorsingsdeelnemers, institusionele hekwagters en ander belanghebbendes om projekspesifieke gebeurlikheidsmaatreëls in te stel. In die gees van wat ons graag wil bereik, naamlik om die verspreiding van die virus te stuit, is projekleiers voorts daarvoor verantwoordelik om mense so ver moontlik van mekaar weg te hou. Waar bystand, advies of fasilitering vereis word, sal my kantoor en die personeellede van die Afdeling Navorsingsontwikkeling die nodige steun verleen. Ons moedig aktief navorsing aan wat die COVID-19-pandemie die hoof kan help bied (onder die kategorie “noodnavorsing"). Daarom sal ons die administrasie en goedkeuring van sulke navorsing probeer versnel ter wille van wetenskaplike en openbaregesondheidsvoordeel, in pas met ander instellings. Ons herinner u ook graag aan u voortgesette plig teenoor die nagraadse studente en nadoktorale genote in u navorsingsgroep. Moedig almal asseblief aan om produktief te bly, aan te hou om die navorsingsonderwerp te bestudeer, en kontak met u te behou. Hulle kan moontlik dié tyd benut om bestaande data te ontleed, literatuurstudies te onderneem en tesishoofstukke en artikels te skryf. Daarbenewens versoek ons vriendelik dat u die Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie, dr Therina Theron, direk kontak ([email protected]) om enige algemene navorsingsverwante kwessies uit te lig wat na u mening die aandag verg van die Navorsingsgebeurlikheidskomitee, wat tans as 'n subkomitee van die Institusionele Komitee vir Sakevoortsetting (IKSV) funksioneer. Dít sal ons risiko's en uitdagings waarvan ons dalk nog nie bewus is nie vroegtydig help identifiseer en beperk. Indien enige navorsingsdeelnemers en -personeel of studente tekens of simptome ontwikkel wat op COVID-19 dui, volg asseblief die aanbevole institusionele protokol en kontak die volgende instansies: Die blitslyn van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS): 0800 029 999 (nommer beskikbaar van 08:00 tot 16:00 Maandae tot Vrydae) Kampusgesondheidsdiens:
Noodnommer ná ure: 076 431 0305 Provinsiale hulplyn: 021 928 4102 In soverre dit op NEK-goedgekeurde navorsingstudies betrekking het, moet die betrokke NEK ook in kennis gestel word. Besoek asseblief gereeld die US se toegewyde COVID-19-webblad vir institusionele nuus en inligting oor die gesondheidsprotokolle en -riglyne wat met die pandemie verband hou. Personeellede en studente word aangeraai om hulle van die volgende dokumente te vergewis:
Vriendelike groete Prof Eugene Cloete Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie |