Science Café: Jy en jou mikrobes
Daar leef tien keer meer mikrobes op en binne jou as die totale aantal selle waaruit jy bestaan. Tog het die wetenskap nou eers onlangs begin om die verband tussen jou unieke mikrobiese ekosisteem (die vele bakterieë, gisse, parasiete, virusse en enkelsellige eukariote wat binne in en buite op jou leef) en jou gesondheid te ondersoek.
Tydens Science Café Stellenbosch op Dinsdag 8 Maart 2016 tree die omgewingskenner Dave Pepler in gesprek met prof. Gideon Wolfaardt oor hierdie interessante onderwerp. Prof. Wolfaardt is 'n mikrobioloog en direkteur van die SU Water Instituut.
Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe by die Woordfees om openbare bespreking van die natuurwetenskappe aan te moedig.
Toegang is gratis. Die gesprek begin om 18:30 by Die Plataan agter die Sasol Kunsmuseum. Vir meer inligting, kontak [email protected] of volg ons op Facebook by https://www.facebook.com/ScienceCafeStellenbosch