Skip to main content
Registrasie informasie vir internasionale studente

Registrasie informasie vir internasionale studente

Corporate Communication/ Korporatiewe Kommunikasie
08 Desember 2017

Die verifikasie van dokumente vir Voor- en Nagraadse Internasionale studente sal plaasvind vanaf Maandag 22 tot Vrydag 26 Januarie 2018 by die RW Wilcocks gebou, Crossley Kamer 1023.

Studente moet die volgende dokumentasie toon:​

  • Geldige studievisum
  • Geldige paspoort
  • Bewys van Suid Afrikaanse mediese dekking
  • Bewys van volledige betaling (klasgelde, Internasionale Registrasiefooie [IRF], Internasionale klasgelde, dienstegelde)

Let asb op: Eerstejaar voorgraadse studente hoef nie vooraf aansoek te doen vir hul matrikulasie vrystellingsertifikate voor registrasie vir 2018 akademiese jaar nie, maar moet sekerheid hê dat hul wel voldoen aan vrystellingvereistes deur hul finale uitslae aan me Talmarkes te stuur by [email protected].

Kontakbesonderhede:

Voorgraads:     

Carmelita Talmarkes

Tel: +27 21 808 2910

E-pos: [email protected]

Nagraads: 

Cindy de Doncker

Tel: +27 21 808 2566

E-pos: [email protected]

[email protected] (wanneer dokumente aangeheg word)

LET ASB OP: Alle internasionale eerstejaar voorgraadse studente wat vir graadprogramme registreer, moet dieselfde verwelkomingsprogram volg soos die SA studente soos per die volgende skakel www.sun.ac.za/welkom.​