Skip to main content
Prystrekking van Borg 'n Woord 2016

Prystrekking van Borg 'n Woord 2016

Dr. Willem Botha
14 April 2016

Nanna van Niekerk (foto links) van Bethal en Thomas West (foto regs) van Tennessee in die VSA het elkeen R25 000 van Sanlam gewen in Borg 'n Woord se prystrekking Saterdagaand. Thomas West is 'n vertaler en het daarom "vertaler" eksklusief geborg. Nanna het die woord "skitterend" geborg omdat dit altyd haar man se antwoord is as iemand vra hoe dit gaan. So het hulle gereageer op die goeie nuus:

Nanna

Ek is nog steeds so oorbluf. Baie dankie vir die groot prys.

Chris het sy eie siviele konstruksiebesigheid hier in Bethal, en as ek saam met hom ry en hy ontvang 'n oproep, dan is sy kommentaar: "dit gaan SKITTEREND". Dan dink ek altyd by myself, jy is 'n wonderlike voorbeeld vir ons almal. Vandaar dat ek die woord vir hom gekoop het. Nooit gedink dit gaan vir my soveel geluk bring nie. Ek was nie eens bewus dat daar 'n prys is wat gewen kan word nie. Weereens duisend dankies.

Thomas

Dis wonderlike nuus! Ek het nog nooit in my lewe iets gewen nie!

Miskien kan ek met dié geld ‘n kaartjie na Suid-Afrika koop. Dit sou baie lekker wees. Ek wonder hoe lyk die weer in die winter daarso.

Borg 'n Woord gaan voort, en mense wat nou deelneem, kwalifiseer vir volgende jaar se prystrekking.