Skip to main content
Prof Reinette Biggs lewer haar intreerede

Prof Reinette Biggs lewer haar intreerede

Ronél Beukes
06 Augustus 2019

Prof Reinette (Oonsie) Biggs, bekleër van die DWT/NNS ​Navorsingsleerstoel in Sosio-ekologiese Stelsels en Veerkragtigheid, het haar intreerede met die titel Resilience: An approach to navigating towards more sustainable futures in the Anthropocene, op 5 Augustus 2019 gelewer.

Prof Biggs, 'n P-gegradeerde wetenskaplike van die Nasionale Navorsingstigting, is by die Sentrum vir Kompleksiteitsisteme in Oorgang by die Universiteit Stellenbosch gebaseer. Sy is ook verbonde aan die Stockholm Resilience Centre in Swede.

  • Om na 'n video oor die inreerede te kyk, kliek hier.
  • Foto deur Anton Jordaan: V.l.n.r. is prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies; prof Reinette (Oonsie) Biggs; en Prof Ingrid Woolard, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.