
Prof De Villiers op SAfm: SERI gaan baanbrekersnavorsing doen
10 Maart 2022
Op 8 Maart 2022 het prof Wim de Villiers met SAfm se Songezo Mabece, ’n Universiteit Stellenbosch-alumnus, oor onlangse hoëprofielbesoeke aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI) gesels. Die BMNI is waar die nuwe Sentrum vir Epidemie-reaksie en -innovasie (SERI) gehuisves word.Prof De Villiers het SERI se navorsingskapasiteit uitgelig – nie net ten opsigte van Covid-19 nie, maar ook oor siektes soos MIV/Vigs en tuberkulose wat steeds verwoesting in veral Afrika saai.SERI sal ook die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan bystaan met die agterstand van DNS-toetsing in geslagsgeweld-sake.Luister na die volledige uitsending hier.