Skip to main content
POPIA-sperdatum vir vooraf-magtiging: 1 Februarie 2022

POPIA-sperdatum vir vooraf-magtiging: 1 Februarie 2022

Division for Information Governance
10 Januarie 2022

Sekere aktiwiteite vir die verwerking van persoonlike inligting is van so ʼn hoë risiko dat die Inligtingsreguleerder voor die aanvang daarvan genader moet word vir magtiging. Dit sluit sekere navorsingsaktiwiteite van huidige en nuwe projekte in. Navorsingsaktiwiteite onderhewig aan vooraf-magtiging moet vanaf 1 Februarie 2022 opgeskort word tot na goedkeuring van die reguleerder.  

Vooraf magtiging vir navorsing is van toepassing wanneer: 

  • Unieke identifiseerders (soos 'n Suid-Afrikaanse ID-nommer) vir navorsingsdoeleindes gebruik word en wanneer die identifiseerders gebruik word om inligting van verskeie instellings te koppel en wanneer die koppelaktiwiteit nie deel was van die oorspronklike doel toe die inligting ingesamel is nie (d.w.s. is nie ingesluit as deel van die deelnemer se ingeligte toestemmingsprosedures nie); of 
  • Wanneer die instelling spesiale persoonlike inligting, of die inligting van kinders, oordra na 'n vreemde land wat nie onderhewig is aan 'n wet, bindende korporatiewe reëls of bindende ooreenkomste wat 'n voldoende vlak van beskerming bied nie ('n formele data-oordragooreenkoms of navorsingsverwante kontrak bied voldoende beskerming). 

Die Inligtingsreguleerder kan tot 17 weke neem om aansoeke vir vooraf-magtiging te verwerk. Afdeling Inligtingsoorsigbestuur is beskikbaar om die potensiële las op navorsers te verlig deur te help bepaal of vooraf-magtiging op hul navorsing van toepassing is en om behulpsaam te wees met die aansoek vir vooraf-magtiging, indien nodig. Om 'n sessie met IOB te bespreek, gebruik die Raadpleeg ʼn kenner in privaatheidsregulasies opsie by www.sun.ac.za/privaatheid.