Skip to main content
Ontmoet Jaco Schoeman: #MyTygerMaties60

Ontmoet Jaco Schoeman: #MyTygerMaties60

FMHS Marketing & Communications
10 Augustus 2016

​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Jaco Schoeman.

’n Opregte Weskuskind met ’n hart van goud wat mal is oor rugby, braai en karre. Só beskryf Jaco Schoeman homself. Hy het groot geword in Saldanha en tot matriek toe nie geweet wat hy met sy lewe wil doen nie. "Ek het toe die opedag op die Tygerbergkampus bygewoon en dadelik besef dít is waar ek moet wees."Beide sy ouers, twee tannies asook twee van sy grootouers is oud-Maties. Hy is egter die eerste familielid wat besluit het om medies te studeer. "Ek glo dis my roeping."Schoeman, ’n eerstejaar Hippokrates-inwoner, dink een van dokters se grootste uitdagings is om te besef dat hulle hul medemens, en nie hulself nie, moet dien. Hy sal graag eendag as algemene praktisyn in ’n staatshospitaal wil werk en só ander dien.Schoeman is egter nie ’n ou wat die lewe té ernsting opneem nie en sê sy beste karaktereienskap is die vermoë om te besef wanneer om ernstig te wees en wanneer nie, want om medies te studeer beteken nie jy hoef jou sosiale lewe prys te gee nie. "Besef dat jy kan swot én jou lewe geniet as jy vooruit beplan."Het jy geweet…
  • Spelfoute irriteer hom.
  • Hy speel rugby en sy posisie is slot.
  • Hy luister graag na Queen of Afrikaanse sokkietreffers.
  • Sy verskuilde talent is dat hy baie goed kan skryf.