Skip to main content
Ontmoet Ingrid Hartmann: #MyTygerMaties60

Ontmoet Ingrid Hartmann: #MyTygerMaties60

FMHS Marketing & Communications
10 Augustus 2016

​As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Ingrid Hartmann.

As Ingrid Hartmann ’n dier was, sou sy ’n jagluiperd wees. "Jagluiperds spandeer ’n groot deel van die dag deur luilekker rond te lê, maar as hulle moet jag is hulle op hul beste. Hulle het baie krag en spoed, maar spaar dit vir wanneer dit nodig is." Sy kan haar hiermee vereenselwig en vertel dat sy ook van nature ’n rustige persoon is. "Maar wanneer dit nodig is om te presteer, soos wanneer ek leer vir ’n toets of tydens sport, sit ek alles in."Hartmann is die jongste van ’n tweeling en het verlede jaar ’n gemiddeld van 90,3% behaal as matrikulant van Hugenote Hoërskool in Wellington. Sy is tans ’n eerstejaar MB,ChB-student aan die Unversiteit Stellenbosch. "Ek dink die grootse uitdaging in die mediese beroep is die kulturele- en taalverskille tussen dokters en pasiënte." Sy glo dit veroorsaak dikwels dat pasiënte nie die beste gesondheidsorg ontvang nie.Sy hoop om oor 10 jaar besig te wees om in 'n spesialteitsrigting te studeer sodat sy haar droom kan bewaarheid om as spesialis in plekke te werk waar daar die grootste nood is. "En hopelik het ek dan al bietjie gereis ook," voeg sy by.Leer haar beter ken:
  • Gunsteling kos? "Pizza"
  • Wat dis die verskil tussen goeie werk en uitstaande werk? “Goeie werk is om iets te doen tot jy dit regkry. Uitstaande werk is om iets te doen totdat jy dit nooit verkeerd kry nie.”
  • Laaste boek wat jy gelees het? “Fees van die Ongenooides deur P.G. du Plessis."
  • Wat is bo-aan jou moet-doen lysie? "Reksprong!"