Skip to main content
Nuweling-Maties reik uit

Nuweling-Maties reik uit

Content Hub/Corporate Communications Division
31 Januarie 2019

Pret vir 'n goeie doel was vandeesweek aan die orde van die dag toe duisende nuwelingstudente 'n tree nader daaraan gegee het om ware Maties te word. Hulle het hulself ingespan ter ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch (US) se missie om 'n langtermyninvloed op die sosiale, finansiële en omgewingswelstand van die wyer gemeenskap te hê en terselfdertyd ook verhoudings met gemeenskapsvennote te bou.

Die nuwelingstudente het Donderdag (31 Januarie) as deel van die Verwelkomingsprogram aan die jaarlikse Sosiale Impak-gemeenskapsoggend deelgeneem wat deur die Matie Gemeenskapsdiens se Afdeling Sosiale Impak bestuur word. Die doel van die aksie was om hand by te sit in gemeenskappe rondom die SU se kampusse om sodoende in hul diverse behoeftes te help voorsien.

Studente van meer as 35 koshuise en privaat studente-organisasies (PSO's) het saam met 24 gemeenskapsvennote soos skole, welsynsorganisasies wat hulp aan diere, kinders, haweloses en bejaardes voorsien, asook organisasies wat hongerte en armoede help bekamp, op en rondom die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse gewerk. Die weldade van die Matie-samaritane sluit ook aan by twee van die US se waardes, deernis en omgee vir mense se welstand en respek vir die omgewing.

CommunityInteractionMorning_HalloMaties2019-55.jpg

Senior bestuurslede van die US, dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie, Dr Ronel Retief, Registrateur, mnr Pieter Kloppers, Direkteur: Sentrum vir Studentegemeenskappe, me Saartjie Botha, Direkteur: SU Woordfees en dr Pierre Viviers, Senior Direkteur: Kampusgesondheidsdiens, het van die plekke besoek waar sosiale impak-projekte aangebied is.

“Hierdie oggend bied aan ons die geleentheid om terug te gee aan die gemeenskap. Die nuwelingstudente word blootgestel aan verskeie gemeenskapsvennote, organisasies en ander studente. Hulle leer om verhoudings te bou wat nie net direk tot hul eie leerervaring sal bydra nie, maar ook tot billikheid, gemeenskaplikheid en interaksie wat ons land 'n beter plek sal maak," het dr Van Rooi gesê.

Dr Retief was baie trots op die student se werk. “Dit was 'n voorreg om 'n blik te kry op ons student se betrokkenheid by gemeenskapsvennote in en rondom Stellenbosch, asook by ander organisasie wat ten doel het om 'n positiewe uitwerking op ons breër gemeenskap te hê. Hierdie blootstelling aan die verskeie sosiale impak-inisiatiewe gedurende die verwelkomingsprogram gee vir ons eerstejaarstudente 'n goeie idee van wat dit beteken om 'n betrokke Matie te wees. Wat my veral opgeval het, was beide die nuwelinge sowel as die studenteleiers se entoesiasme en toegewydheid – hetsy hulle kospakkies gepak het of sommer net met leerders van Eersterivier en Manenberg gesels het. Ek het trots en dankbaar gevoel."

Hier volg 'n kort opsomming van die aktiwiteite wat plaasgevind het:

  • Stellenbosch Nagskuiling
    WhatsApp Image 2019-01-31 at 09.35.27 (1).jpeg
    Verteenwoordigers van die skuiling het Huis Neethling-, Venustia-, Irene- en Nerina-koshuise besoek om die studente in te lig oor hoe hulle by die skuiling betrokke kan raak. Ander studente het toebroodjies vir die skuiling gemaak.
    WhatsApp Image 2019-01-31 at 09.04.21.jpeg
  • Denise Paulse, bestuurder en maatskaplike werker by die skuiling, het gesê hulle kan soveel meer aan hawelose mense bied. “Die Stellenbosch Nagskuiling is daar om te verseker dat hulle versorg word. Haweloses is nog steeds ook mense en ons moet dit nooit vergeet nie." 
  • Strand

Sowat 300 studente van Huis Marais, Monica en Wilgenhof-koshuise en van die Equite en Capri PSO's het die stormsterk suidooster getrotseer om aan 'n strandskoonmaak deel te neem. Hulle het rommel in die Strand-omgewing langs Kusweg opgetel.

Social impact Strand beach clean-up (36).JPG
Al die plastiek wat bymekaargemaak is, sal vir die maak van ekostene gebruik word.
Social impact Strand beach clean-up (3).JPG

Nadat hulle hul omgewingsvriendelike taak voltooi het, kon baie van die studente nie die versoeking weerstaan om in die branders te baljaar na die rugbreek-werk nie.

“Dit is wonderlik om strande skoon te maak en ook deel te wees van 'n projek wat 'n invloed op die omgewing sal hê," het Sean Richardson van Wilgenhof opgemerk.

“Ons voel regtig goed om deel van hierdie inisiatief te wees. Op hierdie manier kan ons 'n bydrae lewer en help om dinge te verander," was Anrie Matthee van Monica se kommentaar.

  • ​Rise Against Hunger

WhatsApp Image 2019-01-31 at 09.57.26.jpeg
Volgens Shanaaz Stofberg, bestuurder van 'Rise Against Hunger' in Kaapstad, is hierdie organisasie tien jaar gelewe gestig om hongersnood wêreldwyd te help bekamp deur gemeenskappe te bemagtig en hulle te help om selfversorgend te wees.
CommunityInteractionMorning_HalloMaties2019-8.jpg

“Ons is dankbaar om saam met die studente van die US te kan werk en sal die res van die jaar hiermee voortgaan. Ons sal ook die US met hul 'Move4Food'-veldtog help."   

Studente van Olympus en Simonsberg-koshuise het gehelp om 10 000 kospakkies te pak en te verseël.

“Ons is vandag saam met 100 vrywilliger-studente hier by Simonsberg om kospakkies vir die Rise Against Hunger-projek in Athlone te pak. Hierdie projek voed sowat 75 000 mense regoor die Weskaap. Ons wil vandag 'n bewustheid skep oor wêreldwye hongersnood en studente kan ook fisiek bydrae tot die uitwissing daarvan," het Tayden van Vurren van Olympus gesê om die belangrikheid van die projek te beklemtoon.  

  • 9Miles-projekStudente van Metanoia-koshuis het leerders van Hoërskool Beacon Hill en Silverstreem Sekondêre Skool in Kaapstad asook kinders van die 9Miles-projek ontvang. Emma Perries, verteenwoordigers van 9Miles, het gesê hulle werk met 'hoë-risiko kinders'. “Dit beteken hierdie kinders is van informele nedersettings en daar is geen ruimtes in hul gemeenskappe wat geskik is vir buitemuurse aktiwiteite nie. Baie van hierdie kinders wend hulle tot bendes. Ons doel is om hulle op skool te hou, naskoolse programme aan te bied en hulle te help om aan 'n verskeidenheid aktiwiteite, wat wissel van lees tot branderplankrylesse, deel te neem.
  • Serendipity-projek
WhatsApp Image 2019-01-31 at 10.18.33.jpeg

Studente van Nerina-koshuis het geskenkkaartjies as deel van die Serendipity-projek gemaak. Die kaartjies sal op die kampus uitgedeel word as 'n teken van welwillendheid en omgee.

  • Stellenbosch Diereskuiling/Maties PAW

Studente van Nerina-koshuis het ook met diere gespeel as deel van hul sosiale impak-aktiwiteite. Sommige studente van Goldfields en Huis Visser het die diereskuiling besoek om met die weggegooide diere te speel.

WhatsApp Image 2019-01-31 at 09.47.06.jpeg
  • ​Hanna Stigting Volgens Contessa van Wyk 'n vrywilliger by Hanna, is daar baie minderbevoorregte kinders in die Stellenbosch-gemeenskap wat nie die geleentheid kry om uit te gaan nie. “Die Sosiale Impak-oggend het hierdie kinders aan mense van verskillende agtergronde blootgestel en studente kon ook meer oor hul omstandighede leer."

Die Hanna Liefdadigheids- en Bemagtigingstigting is 'n nie-winsgewende organisasie wat gemeenskappe help met basiese dienste soos speelgroepe, sopkombuise, vaardigheidsontwikkeling, werkskepping, klerebanke, maatskaplike en sielkundige ondersteuning en biblioteke.

WhatsApp Image 2019-01-31 at 10.58.07 (1).jpeg

Angel Nkosi, 'n eerstejaar Chemiese Ingenieurswese-studente van Nerina, het gesê die Sosiale Impak-oggend het studente daaraan herinner dat die gemeenskap verder as die universiteit strek. “Daar is 'n wyer gemeenskap op Stellenbosch wat ons hulp nodig het."

Quinnlyn van der Merwe, 'n tweedejaar BRek-studente van Nerina het gesê: “Vandag se deelname aan die Sosiale Impak-oggend het ons net weer daaraan herinner om op die klein goedjies in die lewe te fokus en om te help om 'n verskil in ander se lewens te maak."

Studente van Majuba en Minerva het ook 'n groep van 60 kinders van die Hanna Stigting na die Jan Marais-park geneem waar hulle aan verskeie aktiwiteite deelgeneem het. Nadat die kinders op eetgoed getrakteer is, kon hulle saam met die nuweling- en senior studente baljaar.

  • Jessie Keet Crèche in Idasvallei is deur vrywilligers van Academia besoek. Die oggend was propvol pret-aktiwiteite en heerlike eetgoed vir die kinders. Hierdie interaksie sal deur die loop van die jaar voortduur.
    CommunityInteractionMorning_HalloMaties2019-45.jpg
    ​ 
  • Studente van die Aristea en Pieke PSO's het sport- en pretaktiwiteite vir die kinders van Kayamandi Primêr by die Coetzenburg-sportterrein aangebied.
  • Idas Valley Primêre Skool
    CommunityInteractionMorning_HalloMaties2019-54.jpg
    ​​

Studente van Goldfields en Huis Visser het boeke aan die skool geskenk. Hulle het ook tyd saam met die leerders deurgebring deur pretaktiwiteite soos speletjies en gesigverf vir hulle aan te bied.

  • Laerskool AF Louw         Studente van Silene and Vesta PSO's het rommel opgetel wat vir die maak van ekostene gebruik sal word.              
  • Ark-sentrum en The Ark City of Refuge Erica-, Dagbreek- en Huis ten Bosch-kosse het met die kinders gespeel en verskeie aktiwiteite soos speletjies, sport en handwerk aangebied. Hulle het onder meer versierde maskers van papierborde gemaak.
  • Rietenbosch Primêre Skool in Cloetesville

Nuwelingstudente van Eendrag en Lydia het die graad 1-leerders ontmoet met wie hulle deur die jaar gaan skakel as deel van hul uitreikprojek by die skool. Hulle het die oggend afgeskop deur almal saam 'n dans aan te leer.

  • Vision Afrika

Studente van Heemstede-koshuis het met skoolwerk en klasse gehelp. Hulle het ook aan verskeie aktiwiteite saam met die kinders deelgeneem.

  • Jeuguitreiksentrum

Studente van Helshoogte en Serruria het tyd saam met die jeug by die sentrum spandeer.

  • Erfenissentrum in Kayamandi

Metanoia-studente het die sentrum besoek en gehelp met onderhoudswerk soos die was van vensters en veewerk.

  • Hospieswinkel Stellenbosch

Studente het gehelp om donasies te sorteer.

  • Ikaya pretdag

Studente van Nemesia and Simonsberg het saam met kinders uit die gemeneskap aan sport en ander pretaktiwiteite deelgeneem.

  • Bricks for Youth

Die Silene- en Vesta-koshuise het gehelp om rommel op te tel vir die maak van ekostene en het ook gehelp om 'n herwinningstasie te skep.

  • Tehuis vir bejaardes op Stellenbosch

Studente van Sonop het die tehuis vir bejaardes op Stellenbosch besoek. 

  • TygerbergkampusStudente op die Tygerbergkampus het daarop gefokus om die omgewing binne die Tygerberg-hospitaal te verbeter deur toebroodjies na pasiënte wat in buitepasiënt-afdelings wag, te neem. Inwoners van Huis Francie van Zijl het die Kalkfontein Primêre Skool besoek om leerders aan te moedig om meer aktief en gesond te leef. Ander aktiwiteite het die aanlê van 'n groentetuin en besoeke aan 'n tehuis vir bejaardes en 'n nagskuiling ingesluit. 
Om meer foto's van die Sosiale Impak Oggend te sien, besoek die US se sosiale mediakanale by: Today @ Stellenbosch of ​Stellenbosch Universit

 Hooffoto: Lebogang Mutenda  van Goldfields-koshuis is besig om die gesiggie van 'n kind by die  Idas Valley Primêre Skool te verf. Foto: Stefan Els