Skip to main content
Nelson Mandela Week om die draai

Nelson Mandela Week om die draai

Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie
21 Junie 2017

​Ja, dit is weer daardie tyd van die jaar waar die geleentheid vir sosiale verantwoordelikheid gegee word aan personeel en studente wat graag by vrywillige werk betrokke wil raak. 

Die fokus op institusionele vlak is om hierdie geleenthede op Mandela-dag te skep met die visie van volhoubaarheid in die poging om vrywilligerswerk te doen, sowel as deurlopende betrokkenheid by vrywilligerswerk op persoonlike vlak aan te moedig.

In die onderstaande tabel word die geleenthede vir vrywilligerswerk gedurende Julie 2017 uiteengesit. As jy jou tyd wil beskikbaar stel, kontak asseblief die betrokke persone.

NRAKTIWITEITDATUM & TYDORGANISASIE/BEGUNSTIGDE LOKAAL
1

"Toasties for Tummies"

Voorbereiding van toebroodjies

18 Julie 2017

Stellenbosch kampus tydsgleuwe:

10:00-11:00

11:00-12:00

12:00-13:00

13:00-14:00

Athlone YMCA;CFS

Kylemore Charity Foundation;

Community Development

(Western Cape Government);

Dekaan van Tygerbergkampus

Khayelitsha Project;Disaster Unit;Feeding in Action; Golden Key; Hands of Honour; Kayamandi Project; Kensington SAPS; Levenda, Aurora and Phyllaria; Longlands Community; Matie Sport en Simonsberg Residence; New Life Community Project; Nagskuiling; Standing Rock Drug Rehab Centre

Die Ark

Stellenbosch kampus:

Wooden Deck of Neelsie (2de vloer)

Kontak Michelle Pietersen by

[email protected]

of 021 8083643

2Troospakkies en voedsel-items17-28 Julie 2017StudenteVerskeie

Kontakpersone:

"Toasties for Tummies"

Michelle Petersen: [email protected]; 0218083643

Troospakkies en Kos items:

Ghafsa Gamiet : [email protected]; 021 808 4833

Cheryl Cornelissen: [email protected]; 21 808 4182

Lize Kruger: [email protected]; 021 808 4182

Lizzie Witbooi: [email protected]; 021 808 4511

Grizelda Adams: [email protected];  021 808 4010

Carla Johnson: [email protected]; 083 843 0878

Adri Brits: [email protected]; 021 938 9591

Troospakkies en Kos-items:

Ons streef daarna om nie-bederfbare voedselprodukte en toiletware te versamel vir studente wat dit dringend benodig.

As deel van die Mandela-dagvieringe, wil ons graag alle studente, koshuise, PSO's en studenteverenigings, asook personeel aanmoedig om toiletware (troospakke) en nie-bederfbare kosprodukte aan studente wat in nood is, te skenk.

Die volgende items is nodig:

Nie-bederfbare kos:

  • Ertjies                           
  • Geblikte vis
  • Geblikte gemengde groente,
  • Gebakte boontjies
  • Suikermielies                
  • Rys
  • Hawer                          
  • Twee-minuut noedels
  • Tee                               
  • Pakkiesop
  • Suiker                           
  • Pasta
  • en enige ander voedingswaarde wat nie bederfbaar is nie

Troospakkies

Toiletware pakkies moet asseblief die volgende basiese items bevat: seep, vaseline, tandepasta, liggaamsroom, rol-op, klein pakkies waspoeier.

Gebruik jou 67 minute om hierdie items van 17 tot 28 Julie 2017 aan die volgende afleweringspunte te lewer:

  • Die Registrateur se Afdeling;
  • Sentrum vir Studentevoorligting en Ontwikkeling (SSVO) by Victoriastraat 37 of die Kantoor van die Maatskaplike Werker te Victoriastraat 49
  • Transformasie Kantoor by Admin A gebou (Gebruik die IT Hub Ingang);
  • Kantoor van tolkdiens (Taalsentrum), Kamer 1028, by Admin A gebou; (Gebruik die IT-hub-ingang)
  • MAD2-kantoor in die Neelsie;
  • Tygerbergkampus - TSS - (Adri Brits se kantoor)
  • Ons wil graag elke departement / fakulteit uitdaag om hul eie afleweringspunte binne hul departemente of fakulteite te skep;
  • Koshuise en PSO moet hul eie afleweringspunte in hul koshuise

        Vir navrae, kontak asseblief die volgende personeellede