Skip to main content
Môre se innoveerders vandag

Môre se innoveerders vandag

René-Jean van der Berg
12 Julie 2018

Van lae-koste, hoë kwaliteit kos vir studente tot robotte wat ontoeganklike areas kan karteer -  Studente van die Universiteit Stellenbosch (US) gebruik hul vaardighede om nuwe produkte, dienste en besighede te ontwikkel.

Die Universiteit verskaf verder baie geleenthe​de ter ondersteuning deur inisiatiewe vir studente om hul innoverende idees in werklike besigheidsgeleenthede te omskep. Een van die inisiatiewe is die LaunchLab, wat ondersteuning deur opleiding en mentorskapprogramme aan entrepreneurs en innoveerders bied om lewensvatbare besighede te stig.

Ons plaas die kollig op ses studente wat met innoverende oplossings vorendag gekom het vir hedendaagse uitdagings en oppad is om suksesvolle entrepreneurs te word. Die kort videoreeks: 'Creating tomorrow's innovators today', is 'n videoreeks in vyf dele wat handel oor studente wat hul merk laat deur hul entrepreneursvaardighede en innoverende denke te gebruik.

Twee van hierdie besighede het die ondersteuning van die LaunchLab ontvang.

Deel 1: Thinking out of the box

​​

Deel 2: Future problem solvers

Deel 3: Changing the world

Deel 4: Building the economy

Deel 5: Curiosity fuels innovation