Skip to main content
Mandeladag 2017: Toiletware en kos vir behoeftige studente

Mandeladag 2017: Toiletware en kos vir behoeftige studente

Lizzie Witbooi
21 Junie 2017

​Ons doel is om nie-bederfbare voedsel items en toiletware in te samel vir studente wat dringende behoeftes het.

Beste Personeel en Mede-Maties

As deel van die Mandela-dagvieringe, wil ons graag alle medestudente, koshuise, PSO's en studenteverenigings aanmoedig om toiletware (pakkies met basiese benodighede) en nie-bederfbare voedsel items te skenk vir studente wat dringende behoeftes het.

Die volgende items word benodig:

Nie-bederfbare voedsel items

  1. ingemaakte bone                       pakkies sop
  • geblikte vis                                 pasta
  • rys                                              geblikte gemengde groente
  • "two minute" noedels                geblikte ertjies
  • suikermielies                              hawer (oats)
  • suiker                                         tee
  • ander nie-bederfbare voedsel items Toiletware-pakkies moet asseblief die volgende basiese items bevat:
  • seep                                           vaseline
  • tandepasta                                 lyfroom
  • roll-on / aanrol onderarm          waspoeier  Gebruik jou 67 minute en skenk donasies vanaf die 17de Julie tot die 28ste Julie 2017 by die volgende aflaai punte:
  • Die Registrateursafdeling;
  • Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) by Victoriastraat 37, of die kantoor van die Maatskaplike Werker by Victoriastraat 49
  • Transformasie Kantoor by Admin A Gebou (Gebruik die ingang by die IT HUB)
  • Tolkdienste (Taalsentrum), Kamer 1028, by Admin A Gebou (Gebruik die ingang by die IT HUB)
  • MAD2 Kantoor in die Neelsie;
  • Tygerberg kampus  - TSS – (Adri Brits se Kantoor)
  • Ons wil graag elke departement/fakulteit uitdaag om hul eie afleweringpunte binne hul departemente of fakulteite te skep;
  • Koshuise en PSO's moet hul eie afleweringspunte in hul koshuise of klusters skep

Vir navrae, kontak die volgende personeellede:

  •    Carla Johnson:        [email protected];            083 843 0878
  •    Adri Brits:                 [email protected];            021 938 9591